Hoe om konflik te voorkom

0
29
tips_vir_die_liefde.jpg

Baklei jy en jou man oor onbenullighede en voel dit asof julle huwelik geen sin het nie? Hier is nege wenke om konflik te voorkom:

WENK 1: tree vroegtydig op

Wanneer jy uitkyk vir situasies waar nie een van julle kan wen nie, kan jy vroegtydig die inisiatief neem om die saak te bespreek en só latere konflik voorkom.

WENK 2: kyk na jou houding

Werk aan jou houding in gesprekke, sodat dit die volgende weerspieël:

  • Julle verhouding is belangriker as om jou sin te kry.
  • Albei van julle se idees, houdings, waardes en doelwitte is belangrik.
  • Die beste oplossing is een waaroor julle kan saamstem en waarin julle albei voel dat julle wenners is.


WENK 3: identifiseer die oorsprong van jou optrede

As jy weet wat die gevolge van jou natuurlike optrede is, kan jy die negatiewe gevolge verminder.

WENK 4: weet wat jy wil hê

Sê duidelik watter oplossing jy graag wil hê – selfs al weet jy dat jou man nie daarvan hou nie.

WENK 5: ontdek jou eie hart

Jy moet jou man help verstaan watter persoonlike behoeftes, verwagtings en standpunte vir jou belangrik is.

WENK 6: help jou man verstaan

Wanneer jy aan hom verduidelik wat die effek van sy plan op jou is, help jy hom om sy oplossing in ’n ander lig te sien en daarom aan ander oplossings te begin dink.

WENK 7: laat jou man sy kant stel

Luister met aandag sodat jy sy standpunte en emosies verstaan.

WENK 8: formuleer ’n oplossing

Kry ’n oplossing wat jou maat se belange in ag neem. 

WENK 9: kom tot ’n ooreenkoms

Elke keer wanneer julle ooreenkom, sal julle op ’n emosionele vlak besef dat julle saamstaan en die lewe en probleme saam hanteer.