Hoe om mooier ouer te word

1080
Heléne Lombard

Vir Heléne Lombard is die hoofsaak om ’n gesonde leefstyl te volg, en dit beteken gereelde oefening en gesonde kos.

Sy gebruik nie middels teen veroudering nie, maar wel ’n hand vol vitamiene, wat meer word namate die jare aanstap. Vir Heléne Lombard is die hoofsaak om ’n gesonde leefstyl te volg, en dit beteken gereelde oefening en gesonde kos.

Haar velsorgroetine is seepglad en vinnig, veral in die oggende, en sy gebruik produkte wat by haar veltipe pas. En sy sorg dat sy altyd saans haar gesig ordentlik skoonmaak.

Dit is vir haar belangrik om haar aandag op haar gesondheid toe te spits eerder as om middels te gebruik om die onvermydelike tekens van die ouderdom te probeer verbloem.

Dra ’n hoed bedags

Van ouderdom 25 af probeer ek om elke maand ’n gesigsbehandeling te kry. My ma het altyd gesê ek moet na my vel kyk, maar ek het dalk ’n bietjie laat na haar begin luister. Ek het baie letsels uit my rabbedoe-jare oorgehou en met my donker vel is dit duidelik sigbaar.

My advies sou wees: Bly uit die son uit, wat moeilik is as jy in ’n land van sonskyn woon. Dra ’n hoed bedags en was jou gesig voordat jy gaan slaap.

Doen dit vinnig soggens

My velsorgroetine in die oggend is baie vinnig, sommer in die bad of die stort. Ek gebruik warm water omdat die hitte en stoom my porieë oopmaak en die produkte dan dieper kan werk. Ek gebruik ’n goeie reinigingsmiddel, oogroom en vogroom twee maal per dag.

Ek het ook ’n allergiese reaksie gehad vir ’n produk. Daarna mag ek ’n maand lank geen ander produk as Vaseline gebruik het nie. Ek het gedurende daardie maand baie komplimente gekry oor hoe goed my vel lyk. Laat ’n mens nogal dink, nie waar nie?

Vrugte teen vlekke en plooie

Ek probeer om gereeld deur die dag suurlemoenwater drink. Dit bevat baie antioksidante, wat nie net vlekke nie maar ook plooie verminder. Omdat dit ook ’n antioksidant is, verminder dit nie net die voorkoms van ouderdomsvlekke nie, maar help ook om die vel ’n gesonde, glansende voorkoms te gee.

’n Verskeidenheid vrugte en groente bevat ook baie antioksidante. Dit is beter om ’n verskeidenheid vrugte en groente te kombineer omdat dit meer effektief sal wees. My gunsteling is frambose, en dis boonop propvol antioksidante. Ek is ook mal oor ’n skeut gemmer ná joga.

Grimering is lekker

Ek is absoluut mal oor grimering. Ek sê altyd vir my vriendinne my gesig is gemaak om grimeer te word. Alhoewel my rabbedoe-dae baie letsels gelos het, is daar mos niks wat grimering nie kan wegsteek nie.

Die versorging van my vel is egter steeds vir my belangriker as grimering. Ek maak seker ek verwyder al die grimering deeglik voordat ek gaan slaap. As ek dit nie doen nie, glo ek, kan dit tot veroudering van die vel lei. En laastens, ’n vriendelike glimlag versag al die plooie.