Hoe om ’n vriendin met huweliksprobleme te ondersteun

0
6
tips_vir_die_liefde.jpg

Haar man is onredelik en die hartseer lê vlak in haar oë.  Jy kan jou vriendin met die regte woorde help.

Van die ideale huwelik met sterre in die oë en pragtige drome het niks oorgebly nie. Hy sny hom van alles en almal af, of moet ná werk ’n paar “rustigmakertjies” sluk …  Sy verweer: Hy werk hard vir sy vrou en kinders en is geregtig op ’n bietjie ontspanning.  Dan begin die magte van selfsug, opgekropte emosies en verwaarloosde liefde aan mekaar trek totdat die omstandighede onmoontlik raak …

Wat jy nie moet sê nie

  • Hoekom het jy dit nie sien kom nie?
  • Jy moes van beter geweet het toe jy met hom getrou het!
  • Sien jy dan nie die waarskuwingsliggies flits as jou man geïrriteerd en humeurig raak nie?  (Aggressie is deel van die front wat mans voorhou –’n manier om die wêreld te laat verstaan dat hulle nie swakkelinge is nie.)
  • Moenie wag totdat hy hom aan gesinsgeweld skuldig maak voordat jy optree nie.
  • ’n Ongebalanseerde lewenstyl, soos julle s’n, is dikwels die groot oorsaak van ellende. (Binne die omstandighede van ’n moeilike huwelik probeer jou vriendin waarskynlik alles in haar vermoë doen om die vrede te bewaar.)
  • Gaan sit en begin die probleemsituasies identifiseer en uitpluis.
     

Wat jy moet sê

  • Onthou dat ek omgee en jou liefhet. (Dra jou vriendin se ellende aan die Here op en vertrou sy wysheid vir oplossings.)
  • Ek hoef nie die detail te weet nie, maar ek wil jou graag ondersteun en help.
  • Moet nooit aan die waarde van ons vriendskap twyfel nie!
  • Hierdie dinge is só onverstaanbaar, maar liefde seëvier altyd.
  • Mag jy aan die einde van hierdie verskriklike storms kalm waters beleef.