Hoe om rusies in die huwelik te hanteer

0
9
tips_vir_die_liefde.jpg

Jou man raas met jou omdat hy nie die motor se sleutels kan kry nie, maar jy was nie naby die motor nie. Voordat jy kan keer, breek ’n oorlog uit wat jou stukkend agterlaat.

Raad vir jou eie hart …

Aanvaar sy woede as deel van ’n normale huwelik.
Woede is ’n normale gedeelte van die lewe en ook van enige huwelik. 

Leer die drie stappe van luister:

Stap 1: Stel jou behoefte om jouself te verdedig ’n rukkie lank uit sodat jy eers sy kant van die argument kan aanhoor en verstaan.

Stap 2: Wees eerlik sonder om onnodige blaam te aanvaar en erken waar jy tot jou man se woede bygedra het.

Stap 3: Wag voordat jy praat totdat hy sien dat jy ook sy kant van die saak verstaan.

Raad vir julle twee saam …

Begrip vir sy woede
Luister na wat hy voel en ervaar en dui aan dat jy verstaan.

Erken jou aandeel
Erken jou bydrae tot die situasie, selfs al is dit net dat jy onbewus opgekropte woede by hom ontketen het.

Wag voordat jy praat
Stel eers jou kant van die saak as jy seker is hy weet jy het hom verstaan.

Kry ’n “time-out”-teken
Kom ooreen om ter enige tyd enige gesprek te staak as julle woede handuit ruk.

Raad wanneer daar nie raad is nie …

Weet wanneer om te loop
Wanneer hy fisieke geweld teen jou kan gebruik, loop uit die kamer en onttrek jouself onmiddellik uit die situasie.

Beëindig die verhouding
As hy niks verander het nie, het dit dalk tyd geword om die verhouding te beëindig.