Hoe om vrede met jou skoonfamilie te hê

0
22
tips_vir_die_liefde.jpg

Die wêreld is vol skoonma-grappe, maar ’n lewe saam met sý ouers kan alles behalwe ’n grap wees.

Jou skoonfamilie kan die lewe vir jou op baie maniere moeilik maak. Hier is vier klein probleempies wat dikwels opduik:

PROBLEEM 1:ek wil net help

Sommige skoonmense se kritiek word weggesteek agter die verskoning dat hulle  jou “net wil help”. Deurdat hulle  voorgee om jou te wil help, dwing hulle  eintlik hulle  opinie op jou af.

PROBLEEM 2: “jy is ’n slegte ma.”

Dit voel soms asof jou skoonouers ’n geleentheid soek om jou in jou man se afwesigheid te laat verstaan hoe ’n swak ma jy is, hoe deurmekaar die huis is, hoe jy nie goed genoeg vir jou man sorg nie of hoe jy nie aan hulle  standaarde voldoen nie. 

PROBLEEM 3:praat ’n bietjie met jou vrou.”

Skoonouers sien soms nie kans om jou direk te kritiseer nie. Hulle gebruik dan jou man om by jou uit te kom.

PROBLEEM 4: “dis alles jou skuld!”

Soms sal skoonouers jou die sondebok maak vir alles wat verkeerd loop. 

Probeer gerus hierdie oplossings vir julle probleme:

OPLOSSING 1: stop die situasie

Jy sal moet besef dat jy die situasie nie so kan laat voortgaan nie. Deur te onttrek en toe te gee, gee jy aan jou skoonouers meer beheer oor jou lewe. 

OPLOSSING 2: dis nie sy fout nie

Probeer verstaan hoe magteloos jou man voel om sy ouers te verander en hoe dikwels hy ’n skeidsregter word in ’n spel waarvoor hy nooit die vaardigheid aangeleer het nie.

OPLOSSING 3: maak hom deel van die antwoord

Onthou dié twee belangrike reëls: moet nooit van jou man verwag om tussen jou en sy ouers te kies nie en help hom om te verstaan watter effek die kritiek op jou het.