Hoe steek ek vlekke weg?

547

Soms is meer as net ’n onderlaag nodig om onwelkome vlekkies te verdoesel. Die regte kleur verbloemer op die regte plekke is die antwoord.

Kleurregstellende grimeermiddels word vervaardig om letsels te kamoefleer. Dit is een van die beste grimeergeheime vir ’n egalige velkleur en foutlose gelaat.

Anders as onderlaag, word hierdie produkte nooit oor die hele gesig gebruik nie. Dit kan  en oë en selfs op die ooglede aangewend word. Die regte kleurtoon kan pigmentasievlekke bedek wat deur die son, hormone en swangerskap veroorsaak word. Dit verlig ook donker skaduwees en verminder rooiheid op die vel.

Verbloemers werk volgens dieselfde beginsels as die kleurwiel. Kleure wat teenoor mekaar staan, kanselleer mekaar. Verskillende skakerings bedek verskillende kleure vlekke en velprobleme.

Wend groen aan om puisies, letsels, rooiheid en aknee te bedek. Pers sal help om geel velondertone teë te werk of ’n vaal vel effens op te kikker. Gebruik oranje – of appelkooskleur vir ’n ligte vel – om donker kringe onder die oë te verlig. Meng rooi, oranje en geel om ’n pienk skakering te kry. Geel kan gebruik word om letsels met ’n pers kleur, onooglike are, kringe onder die oë en kneusplekke weg te steek.

Dié produk is nie nodig as daar nie vlekke of merkies op jou vel is nie. nie. Wend die voorbereidingslagie dun oor ongewenste merkies aan sodat die kleur nie deur jou onderlaag sigbaar is nie.
Professionele verbloemers is meer gekonsentreerd as onderlaag en daarom hou dié grimering langer. Tik ’n klein hoeveelheid met jou vingerpunte aan vir ’n beter voorkoms. Wend dit egalig aan om te keer dat dit aangeplak lyk.

JB Makeup beskik oor ’n groot verskeidenheid grimeermiddels en die kundigheid om die beste aanbevelings vir jou unieke behoeftes te maak.
 

Jolanda en Tanya, JB Makeup

Kliek hier vir meer videos en artikels deur JB Makeup.