Hoe verloor ek vlerkie-arms?

vlerkie arms

Dit is nie nodig om arms teen jou lyf te staan as jy bekendes wil groet nie. Kry ferm boarms sodat jy met vrymoedigheid vir hulle kan wuif.

Die los vel is gewoonlik die gevolg van ouderdom, gewigstoename of gewigsverlies. Dit word veroorsaak deur ’n afname in spiermassa, bindweefsel en vetselle, en ’n verlies aan fermheid en velelastisiteit.

Een oplossing sou wees om dit te probeer wegsteek deur nooit weer vir mense te waai nie.

Gelukkig is daar ander maniere om die probleem op te los, deur jou dieet aan te pas en te oefen.

Daar is verskillende tegnieke om spiertonus te herstel en van die vlerkies ontslae te raak, soos om te oefen terwyl jy in die verkeer wag.

Vat die stuurwiel stewig vas, druk na binne vir jou borsspiere en na buite vir jou boarms.

Dit help egter nie dat jy wonderlike trisep se ontwikkel en hulle dan onder ’n lagie vet wegsteek nie.

Drink baie water en eet gesonde kos. Verminder veral jou inname van suiker en versadigde vette.

Verder moet jou vel glad wees en gloei van gesondheid. Gebruik twee of drie keer ’n week ’n lyfskrop om die dooie droë selletjies te verwyder.

’n Vogroom ryk aan omega-vetsure kan help om elastisiteit te herstel.

Wend ’n sellulietroom of verfermingsroom aan om vet te verbrand en jou vel sterker te maak.

Kosmetiese bestanddele s13oos vrugtesure help met afskilfering, terwyl groentee, granate, vitamien C en hawerproteïene jou vel voed en jonger laat lyk.

LEES OOK: Hoe moet ek vir my borste sorg?

Janine Janse van Rensburg, somatoloog

Kliek hier vir meer videos en artikels deur Janine.