Hoekom is ek hier?

‘n Argitek sien‘n visie in haar kop voor sy die planne vir die gebou optrek.

‘n Haarkapper het ‘n plan voor sy net begin sny.  Ek het ‘n prentjie in my kop voor ek goed aankoop om my kamer oor te doen.

Net soos ons elkeen ‘n plan en visie in ons kop het om iets te vorm nét so het God ‘n plan en visie vir ons gehad voor Hy ons gevorm het.  Dink ‘n bietjie hieroor….. Jy het nie net ontstaan om die planeet vol te kry nie, want God het jou BEPLAN, jou visie in Sy kop gehad en jou deeglik aanmekaar geweef soos die Skrif ons leer.

Jy is hier op aarde, gemaak, beplan deur die Almagtige Skepper wat hemel en aarde gemaak het.  Jy is geskep vir ‘n doel. Hierdie doel word gevind in jou Maker.  As ek wil uitvind hoe my nuwe wasmasjien werk gaan kyk ek na die handleiding. As jy soos ek is dan doen jy dit gewoonlik laaste nadat jy eers als self probeer uit “figure”het!

Ons is partykeer so gefrustreerd in ons lewens situasies omdat ons alles self probeer uitmaak, maar ons is nie bedoel om dit alleen uit te “figure” nie.

Ons moet net na die handleiding gaan waar AL ons antwoorde lê – die Bybel wat God se Woord is! Jou antwoord lê by Hom!

Psalm 139: 13-14
U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder.
Ek wil U loof,want U het my op ‘n wonderbaarlike wyse geskep.

Vorige artikelWat is jou “ding”?
Volgende artikelGee jou geweer vir die Kerk
Blogger - Lizelle de Kock
Lizelle de Kock is ‘n vrou vir Mark de Kock en ma van 3 dogters, Kaylin (11), Jessica (9) en Madison (4). Sy is meer bekend as die stigter van die partytjie maatskappy, Organizit Party Styling wat op verskeie programme soos Pasella, Die Groot Ontbyt op Kyknet en VIA TV verskyn het. Haar werk is ook in talle nasionale tydskrifte soos Living & Loving, Baba & Kleuter, Vrouekeur, Huisgenoot & Idees-tydskrif te sien. Met 'n suksesvolle boek (PARTY TIME) wat in 2015 vrygestel is, het sy haar merk as 'n betroubare partytjie stilis in Suid-Afrika gemaak. Haar diep passie lê egter daarin om ‘n verskil in vrouens se lewens te maak deur hulle te help om hulle doel te ontdek en dit met vryheid uit te leef. Dis ook om hierdie rede dat sy ingeskryf het vir Mev SA 2017 en gekies is as een van die land se Top 100 semi-finaliste. Deur haar agtergrond in kreatiewe partytjies en geleenthede te gebruik, bring sy 'n nuwe openbaring aan elke vrou se doel deur middel van 'n kreatiewe werkswinkel wat sy landwyd aanbied.