hoekom verloor jy nie gewig nie?

0
17
verloor_gewig.jpg

Gewig is seker een van ons as vrouens se grootste issues. Praat met enige vrou en een of ander tyd sal die gesprek draai na gewig. Almal wil gewig verloor, maar min kry dit reg.

Die grootste rede hiervoor is dat vrouens eintlik tevrede is met hulle gewig. Anders gestel, hulle wil gewig verloor, maar ook eintlik nie. Vrouens sê vir hulleself goed soos: “Ek lyk nie so sleg nie, dis nie so erg nie, hierdie een sny koek sal nie so ’n groot verskil maak nie.”

Veral vrouens in ’n langtermyn verhouding raak beslis gemaklik en tevrede. “My man hou van my nes ek is, so eintlik is ek oukei.” Elke vrou moet besef: totdat jy nie wérklik wil gewig verloor en wérklik dink dis nodig nie, sal jy nie!