Hoemoes-en-sjokoladenagereg

202

10 min. 4-6 mense

BESTANDDELE

2 blikkies keker-ertjies, gedreineer en afgespoel
2 e olyfolie
1 t sout
2 e karamelgeursel
2 e rou kakao, opgehoop
5 e rou heuning
2 e amandelneutbotter, opgehoop
½ k onversoete amandelmelk

METODE

1  Gooi al die bestanddele in ’n voedselverwerker en verwerk tot fyn.
2  Skep in bedieningsbakkie van keuse.
3  Plaas in yskas tot geset.
4  Sit voor met vars bessievrugte, piesang, brosbeskuitjies en geroosterde neute van keuse.

Izelle HoffmannIzelle Hoffman, leefstylsjef
Vir nog resepte, kliek op voelgoed.co.za/resepte.