Hoender-en-lensieburgers

843

4 porsies

BESTANDDELE

400 g hoendermaalvleis
krummels van 1 sny witbrood
1 x 400 g-blik lensies, gedreineer en liggies fyngedruk
fyngerasperde skil van halwe suurlemoen
5 ml gemengde kruie
10 ml kanola-olie
4 volgraan broodrolletjies, in die helfte deurgesny
4 tamaties, in skyfies gesny
gemengde slaaiblare
1 rooi-ui, in skyfies gesny

METODE

1. Meng die hoendermaalvleis, broodkrummels, lensies, suurlemoenskil en gemengde kruie goed saam. Maak jou hande nat en deel die maalvleismengsel in 12 ewe groot porsies. Vorm elke porsie in ’n maalvleiskoekie en druk dit effens plat.
2. Smeer die bodem van ’n swaarboompan met ’n bietjie olie en verhit. Braai die maalvleiskoekies vir 5 minute aan elke kant of tot gaar.
3. Maak die burger klaar deur skyfies tamatie, blaarslaai, en rooi-ui saam met drie van die maalvleiskoekies op die broodrolletjies te pak.