Hoender-en-sampioenkasserol

0
39
hoender_resep.jpg

Troef die winter met hierdie warm Hoender-en-sampioenkasserol. Jy gaan nie eers die koue voel nie!

Genoeg vir 4-6
Tyd: 1 uur 10 minute

BESTANDDELE
30 ml olyfolie
250 g spek, in blokkies gesny
12 heel salotte of 2 uie, geskil en gekap
200 g knopiesampioene
1 knoffelhuisie, fyngemaak
6-8 hoenderstukke
60 ml koekmeel
500 ml witwyn (of vervang met hoenderaftreksel)
310 ml hoenderaftreksel
2 lourierblare
5 takkies tiemie
handvol oregano of pietersielie, fyngekap

METODE
1. Stel die oond op 180°C.
2. Verhit die helfte van die olie in ’n groot oondvaste kastrol oor lae hitte en braai die spek tot bros. Voeg die uie, sampioene en knoffel by en braai tot goudbruin. Haal uit die kastrol en plaas eenkant.
3. Gooi die res van die olie in dieselfde kastrol en braai die hoender tot goudbruin. Geur en strooi die meel bo-oor, en laat gaar word terwyl jy dit vir ’n minuut lank roer. Voeg die wyn en aftreksel geleidelik by en roer aanhoudend om te voorkom dat klonte vorm. Bring tot kookpunt en kook vir 3 minute.
4. Plaas die sampioenmengsel terug in die kastrol saam met die lourierblare en tiemie. Bedek en bak vir ongeveer 30 minute tot gaar. Strooi die oregano of pietersielie oor net voor opdiening.

Resep met die komplimente van Food & Home Entertaining en Your Family