Hoender met mango-koeskoes

1289
koeskoes

Lewer 4 porsies.

BESTANDDELE:

2 mango’s
4–6 sprietuie, gesny
1½ t fyn komyn
3 e rysasyn
250 g koeskoes
1 blokkie groenteaftreksel
400 ml kookwater
3 e marmelade
4 t heelkorrelmosterd
4 hoenderborsies, in repies gesny
sprietuie om oor te strooi

METODE:

1. Stel die oond met ’n oondpan in op 200 °C.
2. Skil die mango’s, sny in blokkies en plaas in ’n mengbak. Voeg die sprietuie, komyn en rysasyn by en hou eenkant tot benodig.
3. Plaas die koeskoes in ’n groot hittebestande of glasbak, krummel die aftrekselblokkie in 400 ml kookwater en giet oor die koeskoes. Bedek die bak met kleefplastiek en plaas eenkant.
4. Meng die marmelade en mosterd saam in ’n bakkie.
5. Plaas die hoenderrepies in die warm oondpan en verf meer as die helfte van die marmelademengsel oor die hoender. Bak 4–5 minute, draai die hoenderrepies om en bestryk met die res van die marmelade. Bak nog 4–5 minute.
6. Die koeskoes behoort gereed te wees. Voeg die mango’s by die koeskoes en roer ’n paar keer met ’n lepel.
7. Sit voor saam met die warm hoenderrepies met sprietuie oorgestrooi.