Hoender met neute en dukka-koeskoes

0
56
koeskoes_resep.jpg

Maak seker jou gesin eet smaaklik én gesond met hierdie dis. Gesond eet is beslis nie vervelig nie.

Genoeg vir 4-6
Tyd: 30 minute

BESTANDDELE
30 ml olyfolie
1 ui, in skyfies gesny
1 knoffelhuisie, fyngemaak
500 g hoenderfilette, in repies gesny
5 ml fyn komyn
5 kardamompeule, fyngemaak
500 g koeskoes, voorberei volgens die aanwysings op die pakkie
45 ml botter
50 g gekoopte dukka
60 ml pistasieneute, gekap
skil en sap van 1 lemoen
200 g groenbone, puntjies afgesny, geblansjeer en gekerf
30 ml amandelvlokkies, gerooster
sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak

METODE
1 Verhit die olie in ’n pan. Braai die uie en knoffel liggies vir 2-3 minute.
2 Verhoog die hitte, voeg die hoender by en laat kook vir 3-4 minute. Roer die komyn en kardamompeule by en laat vir nog 3 minute kook.
3 Voeg die oorblywende bestanddele by en laat kook tot deurwarm, ongeveer 3-4 minute.
4 Voeg geurmiddels by indien nodig net voor opdiening.

Deur Lyn Woodward. Foto’s: Graeme Wyllie