Hoenderbobotie

1121

4-6 porsies

BESTANDDELE

15 ml kanola-olie
2 uie, fyngekap
15-20 ml masala
5-10 ml borrie
5 ml fyn komyn
5 ml fyn gemmer
1 hoender, gaar en ontbeen
50 ml sultanas
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
80 ml mayonnaise
20 ml appelkooskonfyt
10 ml suurlemoensap
1 pakkie hoenderroomsoppoeier
3 ml gemengde kruie
330 ml melk
2 eiers

METODE

1 Stel die oond op 180 °C en smeer ’n oondvaste bak.
2 Verhit die olie in ’n swaarboomkastrol en braai die uie tot sag.
3 Voeg die masala, borrie, komyn en gemmer by die uie en braai 1-2 minute liggies.
4 Voeg die hoender en sultanas by die uie en roer deur. Skep die hoendermengsel in die voorbereide oondbak. Geur met sout en peper.
5 Meng die mayonnaise, konfyt, suurlemoensap, soppoeier, gemengde kruie en 250 ml van die melk saam en giet dit oor die hoendermengsel. Meng deur met ’n vurk.
6 Klits die eiers en oorblywende melk saam en giet oor die hoendermengsel.
7 Bak 40-45 minute en sit voor saam met geelrys.