Hoenderbredie met sampioene en soetrissie

0
51
hoender_bredie.jpg

’n Warm bredie is nét wat jou gesin nodig het in die laaste wintersdae. Sit dit vanaand vir hulle voor.

Genoeg vir 4-6 persone
Tyd: 1 uur 15 minute

BESTANDDELE
1 ui, fyngekap
15 ml olie
500 g hoenderdye, vel verwyder
1 rooi soetrissie, pitte verwyder en in skyfies gesny
250 g knopiesampioene, in skyfies gesny
400 ml water
45 ml Knorr Stew Granules
5 ml droë Italiaanse kruie

METODE
1. Mikrogolf die ui en olie in ’n Medium Ovaal Roosterbak vir 5 minute.
2. Voeg die hoender en oorblywende bestanddele by en bak by 180°C vir 1 uur of tot gaar.