Hoenderbrood

297
Izelle Hoffman

10 min. + gaarmaak 40 min.
1 broodjie

BESTANDDELE

500 g gemaalde hoendervleis
1 groot rooi slaai-ui, opgekap
1 medium geel soetrissie, in stukkies gesny, sowel as die pitte
1 t varsgekapte knoffel
1 t droë pietersielie
2 t uiepoeier
1 t tamari-sous
1 e rou heuning
1 t Oryx-sout
2 g growwe swartpeper
70 g baba spinasie in warm water geweek tot verwelk en behoorlik gedreineer
5 Peppadews, opgesny
1 groot eier, geklits Vir garnering
1 t sesamsaad amandelmeel sprinkeling paprika

METODE

1 Stel die oond op 200 °C.
2 Gebruik ’n groot mengbak en meng die ui en soetrissie met die hoendermaalvleis.
3 Voeg die knoffel, pietersielie, uiepoeier, tamarisous, heuning, sout, peper, baba spinasie en Peppadew by en meng deur.
4 Klits die eier apart en voeg by. Meng goed.
5 Berei ’n broodpan voor met bakpapier.
6 Skep die hoendermengsel in die broodpan, en garneer met sesamsaad, amandelmeel en paprika.
7 Plaas in oond en bak vir 40 minute tot gaar.
8 Dien op met bykosse van jou keuse.

Izelle HoffmannIzelle Hoffman, leefstylsjef
Vir nog resepte, kliek op voelgoed.co.za/resepte.