Hoenderslaai met appel en pekanneute

0
155
hoenderslaai.jpg

Trakteer jou gesin in hierdie warm maand op koue geregte wat geurig en vullend is en in ’n japtrap voorberei kan word. ’n Heerlike Hoenderslaai met appel en pekanneute sal nie net die magies volmaak nie, maar die smaakknoppies betower.

Genoeg vir 4
Tyd: 15 minute

BESTANDDELE

  • 2 hoenderborsies, in repies gesny
  • sout en peper
  • gemengde droë kruie
  • 15 ml olie
  • 4 Granny Smith-appels
  • handvol roketblare
  • handvol pekanneute
  • ¼ komkommer, in skyfies gesny
  • 45 ml kappertjiesade
  • ½ suurlemoen
  • 45 ml olyfolie
  • 45 ml heuning
     

METODE

  1. Geur die hoender met sout en peper en ’n bietjie kruie. Verhit die olie en panbraai die hoender tot goudbruin en gaar. Hou eenkant.
  2. Sny die appels in wiggies en plaas in ’n groot bak saam met die roketblare, pekanneute, komkommerskyfies en kappertjiesade. Drup ’n bietjie suurlemoensap oor die slaai en meng deur.
  3. Bedruip met olyfolie en heuning en plaas hoender bo-op om voor te sit.
     

Resep en stilering: Petri Uys en IPC Media
Fotograaf: Jan Botha
Met komplimente van Your Family

DEEL
Vorige artikelMadiba sterf
Volgende artikelGod bly belangrik
Voelgoed
Geniet 'n eersteklas- aanlyn wêreld met dieselfde warm gevoel van 'n lekkerlees tydskrif.