Hoor God se stem

Die Here laat groot dinge gebeur as jy glo …

Ons hoor baiekeer nie God se stem nie omdat ons net soms Sy leiding vra – gewoonlik tydens ’n krisis of voor ’n belangrike besluit.
Dan raak ons gefrustreerd omdat ons nie duidelik hoor wat om te doen nie.
Lynette Beer wil jou aanmoedig om ingestel te wees om die Here se stem te kan hoor en al die maniere te kan herken waardeur Hy praat.
Daarom gebruik sy haar eie ervarings én dié van Bybelfigure om te wys hoe God vandag nog met Sy kinders praat. Sy skape ken Sy stem (Johannes 10:27), dus kan jy Hom vertrou vir wat Hy vir jou in gedagte het.
Hierdie vertroue is meer as ’n gevoel; dis ’n keuse om te glo wat Hy sê, selfs as omstandighede jou iets anders wil laat glo.

Registreer vir die AANLYN BOEKBEKENDSTELLING

DINSDAG 10 NOVEMBER, 19:00-20:00
Alhoewel dit ’n AANLYN boekbekendstelling is, is daar ’n beperkte aantal kaartjies beskikbaar!

Gesluit

Wat die skrywer LYNETTE BEER sê

Op my eie geloofsreis hoor ek gereeld God se beloftes. Dus twyfel ek nie ’n oomblik aan sy goedheid en liefde nie. Tog, in my elkedagse stap met God en gesprekke met medegelowiges, kom ek steeds op vrae af wat op almal se lippe huiwer…

Waarom laat God soveel pyn en hartseer toe?

Hoe raak ek van bitterheid ontslae?

Hoe verander ek my lae selfbeeld?

Hoe weet ek of die Heilige Gees in my is?

Op hierdie en ander praktiese geloofsvrae wil Hoor God se stem eenvoudige hulp gee. Hier is aanwysings wat jou op jou geloofspad sal laat nadink. Dis ’n opwindende ontdekkingsreis om die geestelike wapens te ontdek.

Jy is hier geplaas met ’n groter doel. God wil iewers deur jou ander se lewe aanraak. Hou vas aan God se liefde en krag wat omstandighede vir jou en ander kan omkeer.

Die stukkies is só geskryf dat mense met verskillende temperamente God kan hoor praat. God praat persoonlik met jou.

Hoor, op hierdie ontdekkingsreis, hoe God met jou praat:

God het groot begrip vir jou onsekerheid en swakhede.

Hy skep of veroorsaak nie lyding in jou lewe nie.

Waar God is, is ware vrede. Jesus het sy vrede by God gekry omdat Hy heeltyd in gesprek met die Vader was. Deur álles kon Jesus perspektief behou en selfs in storms rustig bly.

Binne die stukkende wêreld stuur God jou lewe op sý tyd vorentoe. Wees reg vir ’n ontmoeting met jou Here op die plek van jou gebrokenheid. Hy verander jou hele lewe.

Wat BEKENDES sê

HOOR GOD SE STEM leer jou ...

’n Nuwe visie kan jou lewe omkeer
Hanteer versoekings en ken jou geestelike wapens
 Hoe hanteer ons lyding en kom gesond daaruit?
Soek na die wortel van jou woede
Klim uit die kloue van verwerping
Die pad van gebrokenheid tot oorwinning
Jy kan weet: God wéét van jou
Soek jy ook na ware geluk?
Bring jou donker emosies na die lig
God se lief destaal praat met ons hart

Beskikbaar as GEDRUKTE BOEK + E-BOEK + OUDIOBOEK

SPAAR 50% as jy aanlyn by VOELGOEDBOEKE koop!

Gedrukte boek

R99

R199

e-Boek

R69

R139

Oudioboek

R149

R194

Méér oor LYNETTE BEER

Hierdie motiveringspreker wat landwyd optree is wêreldwyd bekend vir haar haar bediening oor temperamente.
Haar passie is om mense se ware potensiaal te ontsluit.
Haar leuse is: Die lewe is kort: mense is kosbaar.

Sy bied werkwinkels aan oor persoonlike bemagtiging; maatskappye se mensbestuur asook hulp met kinders se emosionele ontwikkeling.

Lynette is daarby ’n opgeleide predikant wat landwyd preek. Sy bring die hart van die evangelie: Vind God te midde van seerkry en stukkendheid en word só heel.

As skrywer begelei Lynette lesers waar dit saak maak: verhoudings – eers met hulleself, daarna met ander.

Sy het ’n hegte verbintenis met Carpe Diem Media as verhoudingskenner vir Finesse Voelgoed Tydskrif en as spreker by funksies, soos die Vroue Wat Glo-retreats.

Ook deur die skrywer

Gedrukte boek

R199

R249

e-Boek

R139

R174

Oudioboek

R94

R119