Lynette Beer

Hou jou gemoed positief in negatiewe tye

Onaangename gebeurtenisse ontlok dikwels sterk emosionele reaksies en bly langer in jou geheue. Wanneer jy deur ’n uitdagende tyd gaan, is dit belangrik dat jy jou hart – jou gedagtes, nie die orgaan wat bloed pomp nie – deurgaans beskerm.

Wees baie versigtig met dit wat jy daagliks in jou gemoed laat afspeel. Soms beleef jy ’n goeie dag, alles gaan voor die wind. Dan, onthou jy skielik hoe iemand jou te na gekom het en kort voor lank voel jy hartseer en moedeloos.

Studies wys dat positiewe en negatiewe herinneringe deur verskillende dele van die brein bestuur word. Die prefrontale korteks is verantwoordelik vir die negatiewe denkproses. Hierdie gedeelte is oorontwikkel, amper hiperaktief in mense met depressie, omdat hulle oor ’n lang periode aanhoudend pessimistiese gedagtes koester.

’n Pynlike herinnering neem meer spasie in die brein op omdat daar soveel meer is om te prosesseer. Daarom onthou jy slegte ervarings makliker. Dit beteken dat die negatiewe ’n groter impak het en meer gewig dra.

Om te oorleef en jou lewensvreugde te behou moet jy pro-aktief wees en jou denke doelbewus bestuur. Moenie popcorn spring en ...

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Jy is geroep vir ’n spesifieke doel – om jou gawes en talente te gebruik om God se naam te verheerlik. Doen net dít wat ...

“Soms ervaar ons dat ons God nie hoor nie,” sê LYNETTE BEER, aanbieder van die E–KURSUS God praat – hoor jy dit? God werk in ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!