Hou jou hande besig hierdie winter

0
135
projekte.jpg

Dis definitief te koud om jou voet uit die deur te sit in hierdie koue. Hou jouself besig met goedjies wat jy sommer self kan maak.

ʼn Serp wat by alles pas

1_16.jpg

 

 

WAT JY NODIG HET:
• ʼn Ou serp of sommer ʼn stukkie lap
• Lapverf
• Enige soort stempel

Druk jou stempel in enige kleur lapverf. Wees bietjie uitspattig en gebruik helder kleure om die winter maande op te kikker. Druk nou jou stempel op jou ou serp of die stuk lap waaruit jy ʼn serp wil maak. Herhaal hierdie proses totdat jy tevrede is met die hoefveelheid stempels wat jou nuwe serp bedek. Al wat jy nou hoef te doen is om te wag vir die verf om droog te word en dan kan jy jou serp dra.

2_4_0.jpg

Gee jou ou skoene ʼn nuwe persoonlikheid

5_8.jpg

 

 

WAT JY NODIG HET:
• Enige ou skoene
• Lapverf
• Verfkwas

Merk die dele op jou skoen wat jy wil verf. Verf nou jou skoene, 2 tot 3 lae behoort die ding te doen. Wag vir die verf om droog te word en daarna kan jy jou nuwe skoene dra. Jy sal glad nie spyt wees dat jy vir jou ou skoene ʼn nuwe persoonlikheid gegee het nie.

6_8.jpg

Drink jou koffie uit ʼn unieke koppie

9_2.jpg

 

 

WAT JY NODIG HET:
• ʼn Wit bekker of enige wit eetgerei
• ʼn Kokipen (sharpies)
• Glasreineger en ʼn lappie
• Stensil
• ʼn Oond

10_2.jpg

 

 

Hierdie is die perfekte kans om kunstig te raak. Teken enige prentjie op jou koppie met jou sharpie kokipen of gebruik ʼn stensil as jy bietjie van ʼn perfeksionis is. Nadat jy jou prentjie geteken het, bak jou koppie in die oond vir 30 minute teen 350 grade. En nou kan jy die res van die winter jou koffie in ʼn oulike koppie geniet.