hou op eet uit frustrasie!

0
18
eet_uit_frustrasie.jpg

 Meeste vroue het hierdie doring in die vlees. ’n Mens voel darem soveel beter as jy ’n sjokolade verorber het. Maar daarna voel jy net nóg erger!

’n Patroon wat homself by baie vrouens herhaal is dat hulle uit frustrasie hulself ooreet. Ons ken dit almal baie goed; “My man luister nie na my nie”, “Die kinders daag my uit”, “Die diens by die winkel is swak en alles neem langer as wat dit moet”.

Dan gaan eet hulle. Net nou die dag vertel ’n dame hoe ’n slegte dag sy gehad en om beter te voel eet sy twee sjokolades! Terselfdertyd sê sy hoe kwaad en gefrustreerd sy raak omdat sy dit net nie regkry om van haar kosinname beheer te neem nie. Jy sal móét kies! Jy moet óf eet om beter te voel, of jy moet beheer neem en ander maniere kry om jou emosies te hanteer.