Hou op kyk

Hierdie lied het hierdie week net so ‘n haarbreedte van my sielslyn gaan lê en my woorde gegee waar ek gedink het my woorde het opgeraak…. Dankie, Elmarie.

Ons het almal al iemand gehad wat na ons gekyk het vir hoop en inspirasie. Of dit nou jou buurvrou of jou tiener of jou snotkopmaatjievandiekleuterskool was. Of die gemeente, die susters van die wyk of die Graad 9’s.

Full disclosure? Soms voel ek om te sê: “Hou op kyk! Hier is niks wat ek vir jou kan gee nie. Nie nou nie.”

Die vyand het waaragtig die kuns bemeester om my moed so te laat sak dat ek soms net die leë kruike raaksien. En ek hoop en bid jy weet waar om die olie te kry, maar in die donker staan ek agter my eie deur as Hy verbykom.

“Happy are those whose intercourse with heaven
is not intercepted nor broken in upon by their cares, or griefs, or flaws,
or any of the hurries of an afflicted state.”
Matthew Henry

Daar is baie om oor bekommerd te wees, Here,
in my nuwe land en my eerste.
Maar die Beloofde Land is oral waar U en ek saam is.

Daar is baie om oor hartseer te wees, Here,
pappas en mammas en bloedverwantes se knieë swik onder die las.
Maar die bloed van hulle wat aan U behoort roep uit vanaf die aarde,
en U… hoor… alles.

My gebreke is baie, Here, en ek skaam my oor so veel,
goete wat net ek en U van weet.
Maar U het my liefgehad nog voor ek U liefgehad het en daarom weet ek:
U liefde is genoeg vir my.

Die lewe hardloop met my weg, Here, en my naels bloei
van vasklou aan hierdie wegholtrein.
Maar vir U vind ek in die stilte wanneer ek doelbewus daar na U gaan soek
en U laat my hartstorm bedaar.

Confidence in God’s Protection
“Hear my cry, O God;
Listen to my prayer.
From the end of the earth I call to You…”

In die Contemporary English Version lees dit:

“I feel hopeless,
and cry out to you
from a faraway land.”

Spot on, Here, spot on.

“…when my heart is overwhelmed and weak;
lead me to the rock that is higher than I
[a rock that is too high to reach without Your help].
For You have been a shelter and a refuge for me,
a strong tower against the enemy.
Let me dwell in Your tent forever;
let me take refuge in the shelter of Your wings.
Selah [pause, and think of that]”
Psalm 61 The Amplified Bible

Jou temalied vir die week: Even if

Vorige artikelBlye versekering
Volgende artikelKen jy ’n vloermoer?
Blogger - Maxie Heppell
Vir baie lank het my lewe nie regtig rigting gehad nie. 'n Gekompliseerde kindertyd, verkeerde keuses en dan die ongelukkige gevolge daarvan, het my gevange gehou. Tot daardie dag dat die Here Sy kind uit die modder opgetel en haar voete stewig op Vaste Rots laat land het. Psalm 40 bly tot vandag toe 'n groot favourite! Dit het my baie jare geneem om uit te kom by dit wat Hy nog altyd vir my lewe bedoel het. Maar nou is ek hier. En ek glo in God Drie-Enig, in die maagdelike geboorte, in Jesus aan 'n kruis, maar meer nog - aan die opgestane Jesus in my eie lewe. Ek glo dat Hy ons weer gaan kom haal en dat ek tot dan die Heilige Gees het wat my lei en my denke help vernuwe. In 2009 behaal ek my B.Th graad in teologie en sedertdien preek ek, praat ek en deel ek oral waar ek genooi word. Ek en my eerste liefde en ons langhaar-vierbeen meisiekinders bly tans op Jeffreysbaai in die Oos-Kaap en ons getuig gereeld: Die Here is nie net goed vir ons nie, Hy bederf vir ons!