hou op met emosionele eet!

0
20

Hoe goed ken ons dit nie almal nie? Moeilike dag by die werk, gaan koop ’n sjokolade en voel beter. Hoe stop jy hierdie bose kringloop?

Die grootste emosionele blokkasie tot gewigverlies is emosionele eet. Ons as vrouens sukkel baie keer om ons emosies uit te sorteer en dan verplaas ons dit op kos. Sonder dat ons dit kan keer, gaan ons aan die eet en druk net alles in ons monde.

Ons kan die beste intensies hê, maar emosies het ’n baie sterk wil van hul eie. Dis baie keer sterker as ons resolusies. Sorteer eers jou emosies uit of kry alternatiewe maniere om dit te hanteer. Emosies soos woede, frustrasie, magteloosheid, verwerping en verveling is baie groot sondebokke. Moenie hulle hiermee laat wegkom nie!