hou op om jou gewig te ignoreer

0
39
skaal.jpg

Gewig is baie keer die een ding wat vrouens die meeste pla en wat hulle net onder die mat invee. Jy gaan aan en maak asof dit nie saak maak nie. Dit word dus iets wat jy onderdruk maar dit beïnvloed alles van jou lewe. Dis belangrik om dit te erken, en om dan soos ’n donkie te word wat vir jouself geen ander keuse gee nie. Sukses hang af van fokus en fokus hang af van ’n besluit waarin daar geen moontlikheid vir beweging links of regs is nie.

As jou gewig jou pla, verander dit! As jy sukkel om die tipe fokus te kry, dink dat jy die hoofrol in ’n film gekry het met die voorwaarde dat jy gewig verloor. Glo my as dit waar was, het jy dit in ’n oogwink reggekry. Doen wat nodig is om die fokus te kry om jou gewig reg te ruk as jy weet dit het ’n negatiewe invloed op jou lewe.