Illse Roos se vrugteresep

0
257
illse_roos_resep.png

“Ek hou van geposjeerde of gebakte vrugte in seisoen. Heilsaam en die geur in die huis is hemels.”

Hierdie resep is regtig eenvoudig. Jy kan die vrugte heel hou of as jy dit verkies halveer en die pit uit haal. Dit is ook ʼn wonderlike resep vir die feesseisoen.

Perskes is ʼn wenner, maar pruime en pere is ook lekker. Selfs lemoene in die winter!

Moenie dat die vrugte te lank prut en pap word nie.

Hier is 2 opsies:

Gebakte pruime in Mooiplaas Rose

BESTANDDELE
1kg vars pruime, halveer en ontpit
400 ml Mooiplaas Rose
+- 50 ml heuning
Skil en sap van 1 suurlemoen
1 cinnamon stick (ster-anys opsioneel, dit ruik en lyk hemels)
Griekse joghurt

METODE
Verhit oond tot 180' en plaas pruime enkellaag in die oondbak.
Gooi wyn, heuning en suurlemoensap en ook die skil oor.
Voeg kaneel by en bak vir omtrent 20 minute.
Nadat dit gebak het, laat dit afkoel

Jy kan dit teen kamer temperatuur opdien of eers in yskas sit veral wanneer dit ʼn lekker warm dag is.

Bedien met Griekse joghurt of roomys.

Geposjeerde perskes in Mooiplaas Chenin Blanc

BESTANDDELE
1 kg nektariens
2 koppies Mooiplaas Chenin blanc
bietjie water
3 eetlepels heuning of strooisuiker
2 cinnamon sticks
3 of 4 ster-anys
Griekse joghurt of roomys
pistasie neute opsioneel

METODE
Sit die nektariens in ʼn groot pot met water (so 2 duim diep) bo-op die stoof op medium hitte.
Voeg Mooiplaas Chenin blanc, kaneel en ster-anys daarby, asook die heuning of suiker.

Laat prut vir omtrent 20 minute of so, dit moet steeds ferm wees. Laat dit dan afkoel en plaas dit in ʼn groot, diep deurskynende glasbak.

Bedien met roomys of Griekse joghurt.

lyn_3.png

Illse Roos: Soms moet jy baklei vir jou droom

Dit sou nie ’n gewone verhuising wees nie. Elke gesinslid moes hulle volkome daartoe verbind, want dit sou uithou en opoffering verg. Illse Roos vertel van die grootste avontuur tot dusver in hulle gesin se lewe.Finesse_desember.jpg

Om vir 18 maande lank sonder jou man te leef, jou kinders se lewens te ontwrig en saam ʼn berg uit te klim tot by jou droom, maak jou ʼn tawwe koekie.

Lees Illse se volle verhaal in die Desember-uitgawe van FINESSE, of kliek hier en laai nou jou e-Finesse af om verder te lees.