In al jou weë

Dink julle dit is vir My lekker
Om te sien hoe julle sukkel?
Om te sien hoe swaar julle kry?
Liefste kinders julle glo verkeerd

My hart is oorvloed van genade
Oorvloed van hoop
As jy ‘n tekort hieraan het
Moet jy asseblief by My Woord kom aanklop

My Woord wil jou My weë leer
Soveel kere soek julle My oorvloed sonder om in My weë te loop
Dit kan nie werk
Die duiwel hou net aan om My seën te steel

Liefste kinders asseblief
My woorde is wysheid
My woorde is waarheid
Sal julle asseblief begin om in My weë te loop?

Hou op lieg sê Vader
Hou op om mense met julle woorde te bedrieg
Ek wil hê julle woorde moet so suiwer wees soos Myne
Ek wil hê mense moet daarop kan staatmaak

As mense nie op julle woorde kan reken nie
Wat help dit liewe kind?
Dalk glo julle nie Myne nie
Omdat julle weet hoe min julle s’n beteken?

Ai liewe kinders asseblief
As jy jouself ‘n kind van God wil noem
Begin dan asseblief soos een loop
In jou woord en wandel, al jou weë

Weet julle hoe seer maak dit sê Vader
As daar mense is daarbuite
Wat sê hulle ken My
Maar hulle kan My nie eers in liefde loof en eer?

Ek wil hê die reinheid van My hart en hande
Moet julle deel wees
Ek wil hê julle moet rerig omgee
Om meer soos Jesus in julle alledaagse lewe te leef

Liefste kinders sal julle
Sal julle blydskap en vreugde in My weë kom vind?
Sal julle jul rûe op die wyshede van hierdie wêreld draai
Omdat julle weet julle het ware wysheid gevind?

Want sien liewe kind dis al wat Ek verlang
Dit is waarna Ek smag
Kinders wat Jesus liewer kry
En dan die skatte in My hart kom naspoor.

Vorige artikelBetaal jou huis gouer
Blogger - Letitia Pienewald
Letitia Pienewald is ‘n doodgewone mens wat die wonder van hartsintimiteit met God ontdek het en ander graag help om dit ook te vind. Daar was ‘n honger in my hart na meer van Jesus en toe vra ek Hom vir meer. So is die blogs King of Kings en Anker van Hoop gebore. Ek het begin om gediggies van God neer te skryf maar dis nou al veel meer. Dis ‘n voorreg om my pad saam met die Here met julle te deel. ‘n Gebed is dat my en jou bewondering vir God altyd nuut en vars sal bly. Verder is ek lief vir die lewe en so dankbaar vir genade en hoop, waarsonder ek nie kan nie.