Ina Paarman se GEURIGE GROENTESOP

0
50

Hierdie sop is vinnig om voor te berei as jy ’n voedselverwerker het om die rasper en snywerk te doen.

 

 

 

 

 

BESTANDDELE:

  • 3 groot wortels,geskraap en gerasper (250 g)
  • 1 groot ui, gerasper of fyn gekap (200g)
  • 2 groot selderystokkies fyngesny (opsioneel) (100 g)
  • 2 groot preie, fyngesny (100 g)
  • 1 klein rooi of groen koolkop, in repies gesny (250 g)
  • ½ bondel spinasie,goed gewas en in fyn repies gesny (200 g)
  • 90ml Ina Paarman Vegatable Stock Powder
  • 3 L warmwater
  • 5 ml Ina Paarman Garlic & Herb Seasoning
  • 10ml Ina Paarman Green Onion Seasoning

METODE:

  • Voeg al die voorbereide groente in ‘n groot kastrol.
  • Sprinkel die aftreksel oor en voeg die water by.  Kook vir 25 minute.
  • Voeg geurmiddels by na smaak.
  • As jy dit verkies kan jy die sop versap om ‘n gladder tekstuur te verkry.  Hou ‘n gedeelte hiervan in die yskas en vries die res in porsies.
  • Mikrogolf en bedien warm.
  • Maak ongeveer 12-14 porsies (163 kJ per porsie)