Is God so touchy-feely soos ons?

Hierdie is iets waaraan ek die laaste paar maande al dink. Is God wérklik so sensitief soos ons?

Ons (gelowiges) bedek omtrent elke aspek van menswees onder die mantel van ‘liefde’. Alles met liefde. Wat korrek is, terloops, maar hoe lyk die liefde?

Volgens 1 Kor 13:4-8 is die liefde geduldig, vriendelik, onafgunstig, onverwaand, nie grootpraterig nie en die lys gaan aan. Dan: die liefde is ook nie liggeraak nie.

As ons in God se diens staan moet ons soms dinge sê wat nie baie populêr is nie. Veral wanneer ‘n mens die tipe persoon is wat besluit het om nie suiker aan mense se ore te smeer nie, kom jy gereeld in die ‘firing line’ van ‘wat-jy-nou-se-is-nie-uit-liefde-nie’ of ‘jy-is-uit-lyn-uit’. Die feit is dat ons soms dinge moet sê of doen wat mense gaan offend, ontstel en moontlik seer maak. En sodra mense se touchy-feely kant gestimuleer word, projekteer hulle hul sensitiwiteit op God. Want God is mos ‘n God van liefde wat mense nie sal laat sleg voel of ontstel nie. Of ís Hy?

Dink aan Jona. Hy het ‘n moeilike boodskap gehad en hy WOU dit nie doen nie. Hy het nie op ‘n dag gesit en dink: “Wat kan ek vandag sê wat mense gaan ontstel?” nie. Nee, God het dit op sy hart gelê. Het God geweet dat dit mense sou ontstel as hulle Jona se boodskap hoor? Oh yes. Hy weet mos hoe liggeraak ons kan word.

Dink aan Jesus, Paulus en die apostels. In-en-uit die tronk. Koppe afgesny, met kilippe gegooi, gekruisig. Mens beland nie in daardie tipe situasies omdat jy ‘n liefdevolle, sagte klein teddie beertjie is nie. Jy beland daar omdat jy die nodige boldness het om te sê en doen wat gese en doen moet word. En hulle was nie net altyd nice nie, hoor.

Ja,  al het ons al die gawes en nie liefde nie, is ons soos klinkende simbale. MAAR dis tyd dat gelowiges ophou so liggeraak wees. Dit beteken nie dat ‘n mens liefdeloos is wanneer jy die vyand se werke ontbloot nie. Dit beteken nie dat jy liefdeloos is wanneer jy mense se leë tradisies aanvat nie. Beslis ook nie wanneer jy ‘n ding ‘n ‘ding’ noem nie. Wanneer ‘n mens jou uitspreek teenoor ongoddelike dinge is dit juis uit liefde uit, want jy wil sien dat mense loskom van valse dinge.

As jy een van hierdie hiper-liefde, hiper-genade-tipe mense is, ondersoek jou hart en vra jouself waar jy die streep tussen waarheid en touchy-feely-ness moet trek.