Is jy gemaklik met jou nuwe mamma-lyf?

98

Ons kinders word groot met die toenemende invloed van sosiale media en die wêreld se standaarde oor hoe hulle behoort te lyk, eerder as ’n gesonde beskouing van en waardering vir hulle liggaam.

Voordat sy nog die internet begin gebruik, is haar mamma ’n dogtertjie se eerste blootstelling aan die konsep van selfwaarde. Hoe jy jouself beskou. Jóú voorbeeld.

Wat sy hoor as jy van (of met) jouself praat, is wat sy oor haar eiewaarde leer.

Een voorbeeld waarop ons as ma’s kan fokus as dit kom by ons liggame, is taalgebruik. Moenie praat oor “vet” nie. Sê eerder dat suiker ons net vol laat voel en ons nie gesond en sterk maak soos groente, vrugte en voedsame kos oor die algemeen nie.

Wees ’n rolmodel deur jou liggaam te aanvaar en ’n positiewe houding jeens voedsel en oefening te handhaaf. Dit beteken nie dat jy nie nou en dan ’n sjokolade of ’n pakkie lekkers met oorgawe mag geniet nie.

Maak tyd vir gesinsmaaltye en geniet die tyd wat julle saam deurbring. Moedig jou kind aan om krities na te dink oor boodskappe en beelde wat sy in die media sien en hoor.

Leer haar om waarde te heg aan haarself. Dit beteken dat jy jou mindset moet verander. Dat jy jou liggaam waardeer vir dit wat sy vir jou doen.

Suzanne Smit, Die Naguilklub