Is jy lief vir jouself?

Of is jy lief vir die persoon wat ander mense skep?

Sjoe, ek kan nie die woorde vind om te reageer nie. Nie omdat ek nie die antwoord het nie, maar eerder omdat ek dit dadelik geweet het.

Hoeveel keer kyk jy in die spieël en vra vir jouself: “Is ek gelukkig met wie ek is?”

Ek weet dat die hele self-liefde ding nou al orals rondom die plek gepraat word, maar die meeste mense het nog steeds geen idee wat dit selfs beteken nie. Dit beteken werklik iets anders vir elke persoon, want ons het almal baie verskillende maniere om te wys dat ons onsself liefhet.

Die regte vraag is, hoekom moet ons omgee?

Self-liefde is vol vertroue, warmte en omgee. Dit is die volledige aanvaarding van wie en wat jy is. Dit is die waardering en bevestiging van jouself. Dit is ‘n basiese noodsaaklikheid, ‘n fundamentele positiewe waarde wat lei tot innerlike vrede en geluk.

Meeste van die tyd steel ons, ons eie liefde vir onsself.

Ons glo vas wat ander mense van ons sê, veral oor ons gewig en verlede.

Geen gewig kan ooit vergelyk word met jou karakter, vaardighede of jou intelligensie nie, ons moet ophou om ons self waarde te koppel aan ons gewig. Elkeen van ons is MEER AS GENOEG sonder om op ‘n skaal te klim. Ons hou voortdurend vas aan dinge in ons verlede, en dit kan genoeg wees om swaar op ons siele te weeg en gee selfs vir ons ‘n lae selfbeeld.

As jy nie behandel word met die liefde en respek wat jy verdien nie, kyk na jou prysetiket. Miskien het jy jouself afgemerk. Dit is jy wat bepaal wat jou waarde is deur wat jy aanvaar. Gaan uit die “clearance” rak en kom agter die glaskas waar waardevolle items gebou word.

Hoe jy jouself sien, is hoe jy dink ander mense sien jou. Hoe jy jouself hanteer, is hoe jy ander hanteer. As jy nie lief is vir jouself nie, dan kan jy nie lief wees vir ander nie.

Waardeer jouself meer. Vier jouself, jou mooi, jou lelik, al jou foute en sukses. Vier wie jy is en hoe ver jy al gekom het.

En die belangrikste is: Wees lief vir jouself!