Is jy regtig aktief genoeg?

0
7
aktief.jpg

Jy eet dalk gesond, slaap genoeg en weerhou jou van slegte gewoontes soos rook en drink. Dit beteken nog lank nie jou lewenstyl laat nié ruimte vir verbetering toe nie.

Vra jouself af hoe gereeld jy uitasem raak – dit is nou afgesien van ’n beplande sweetsessie in die gimnasium. En verder, hoe ervaar jy die res van jou dag?  Onthou, jou fiksheidsvlak word nie net bepaal deur die getal ure wat jy per week aan gestruktureerde oefeninge bestee nie, maar gaan ook oor hoe aktief jy die res van die tyd is.

As jy ’n plato bereik het met jou gewig en net nie meer resultate sien wanneer jy oefen nie:

  • Sorg dat jy – buiten jou gewone oefenprogram – meer aktief deur die dag is.
  • Jy het dit al gehoor, maar glo my dit werk: vermy die huisbak en klim trappe.
  • Raak uitasem! Doen jou alledaagse take vinniger en met meer energie.
  • Moenie ure soek na ’n parkeerplek naby die winkel nie, parkeer ver en stap dan vinnig na jou bestemming.
     

Geskryf deur Linda Kriel