Is jy té besig?

0
20

Wanneer jy deesdae vir iemand vra hoe dit gaan, is die antwoord gewoonlik: “Ek is besig!”

Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg.
Efesiërs 4:32-5:1

Wanneer jy deesdae vir iemand vra hoe dit gaan, is die antwoord gewoonlik: “Ek is besig!” Dis baie jammer dat die lewe so gejaag geraak het dat julle as My kinders by mekaar verby leef. Julle het nie meer tyd vir ander nie, wat nog te sê die krag om na mense se probleme te luister. Voortslepende spanning veroorsaak dat julle maklik geïrriteerd raak en van goedgesindheid en hartlikheid onder julle is daar nie veel sprake nie.

Dit is tyd dat jy halt roep, introspeksie doen en opnuut besef waaroor die lewe nou eintlik gaan – om My en mekaar lief te hê. Vra jou gereeld af of dit waarmee jy nou besig is regtig oor tien jaar gaan saak maak. Hou jy jou daagliks besig met dinge wat ewigheidswaarde het of verloor jy jou in dinge wat verganklik is?

My kind, Ek weet ook dat om in liefde te lewe nie altyd maklik is nie omdat dit gewoonlik met persoonlike opoffering gepaardgaan. Die prys om lief te wees vir ander is meestal hoog – of dit nou jou tyd, geld of moeite is. Ek, Christus, het julle wel nuut gemaak, maar dit beteken nie dat jou “ou mens”, jou natuurlike geaardheid, onmiddellik ondergeskik raak aan My Gees nie. Dit beteken nie dat jy nou skielik vir almal onvoorwaardelik lief gaan wees nie. Dit word ’n lewenslange proses waarin My Heilige Gees jou eie wil ombuig sodat jy al meer wil doen wat Ek wil hê.

Paulus beklemtoon dat julle kinders van My, die Almagtige God, is en dat Ek julle innig liefhet. Daarom moet julle mekaar ook liefhê. My liefde moet as’t ware deur julle na ander vloei. Soos Ek julle selfopofferend liefhet, so moet julle ander ook liefhê. Moenie dat ’n gejaagde leefstyl jou daarvan weerhou om ander lief te hê nie.

 

 

DEEL
Vorige artikel‘n Rassistiese meme
Volgende artikel[VIDEO] Verander jou bekommernisse in hartsgesprekke
This is the "wpengine" admin user that our staff uses to gain access to your admin area to provide support and troubleshooting. It can only be accessed by a button in our secure log that auto generates a password and dumps that password after the staff member has logged in. We have taken extreme measures to ensure that our own user is not going to be misused to harm any of our clients sites.