Is perfeksionisme sleg?

Is jy ‘n perfeksionis? Selfs met net sekere dele van jou lewe? Dis iets waaraan ek baie tyd aan spandeer en wat bykans ‘n hele groot deel van my lewe aanraak.

Wat gebeur as jy dinge doen sodat alles reg is, maak nie saak hoe onrealisties dit kan wees, hoeveel druk lê dit op jou? Is perfeksionisme dan sleg? Wat verloor jy, as jy jouself dwing om dinge perfek te doen? Jy spandeer dikwels oorvloedige hoeveelheid tyd om iets te maak, met perfeksie as die einddoel.

Jy verloor baie tyd, energie en moeite op iets wat dit glad nie nodig het nie. Dit is nie ongewoon dat jy jou slaap en welsyn opoffer nie, net om jou werk op die hoogste vlak te bring. Vir jou is dit alles deel daarvan om jou doelwitte te bereik. Maar jy kan eintlik ander briljante dinge doen met jou tyd.

So, hoekom is ons perfeksioniste? “Om te wees, of om nie te wees nie”. Dis die vraag waarmee baie van ons soms sit.

Miskien is dit omdat ons glo die samelewing verwag dat ons hoë doelwitte sal hê. Of dalk is die vraag, hoekom streef ons na die onmoontlike, as ons rasioneel weet dat niemand perfek kan wees nie?  Ons martel onsself fisies, verstandelik en emosioneel om aan onbereikbare resultate te werk.

Daar is gewoonlik geen plek vir foute nie. Wanneer ander nie ‘n fout raak sien nie, is jy die eerste een wat dit sal regstel, terwyl dit eenvoudig kan beteken dat jy net baie detailgerig is, kan jy myle ver foute raaksien. Soms is dit werklik en soms denkbeeldig.

Elkeen het ‘n baie spesifieke manier waarop dinge gedoen moet word. Baie keer vra mense nie jou hulp nie, juis omdat jy spesifiek is oor hoe dinge gedoen moet word. Solank as wat iets nie uit plek is nie en nie aan jou benadering voldoen nie, sal dit nie aanvaarbaar wees nie. As gevolg hiervan vind jy dit moelik om die regte mense te vind om gewoonlik mee te werk, sommige mag dit weer moelik vind om saam met jou te werk.

Hoekom dink ons, ons moet perfek wees? Ons doen dit omdat ons sosiale wesens is. Ons wil aanvaar en waardeer word as ‘n individue. Dit dryf ons om verder te beweeg as wat nodig is, sodat ons die beste kan wees.

Ek het gewoonlik ‘n dis alles-of-niks benadering wanneer ek iets aanpak. Dit is of ek doen dit alles goed, of ek doen dit glad nie. Alles tussenin is ‘n “no-go” vir my.

Maar dit gaan eintlik oor die eindresultaat. Mens gee nie om wat gebeur tussenin of wat nodig is om die doel te bereik nie, jy wil net verseker dat die eindresultaat bereik sal word, anders voel jy verwoes en vererg jou.

Jy is baie hard op jouself. Wanneer iets verkeerd loop, word jy moeilik op jouself. As ek iets aanpak gee ek my alles, en as dit nie werk nie, dan voel ek gewoonlik soos ‘n mislukking. Dis juis hoekom perfeksioniste alles perfek wil hê, en as ons dink dat perfeksie nie moontlik is nie, soek ons altyd iets om te blameer.  Dit maak nie saak of dit te wyte is aan jou skuld of net een klein dingetjie nie – jy is altyd vinnig om jouself te klop en voel sleg oor daardie fout, vir ‘n lang tyd.

Op een punt word jy deur hierdie standaarde teruggehou terwl jy uitstel en opbou om aan jou doelwitte te werk, uit vrees dat jy nie dit sal bereik nie.

Ons almal is perfeksioniste by tye en in verskillende mates.  Wat vandag perfek is, sal ver van perfek môre wees. Maar solank ons, ons tendense herken, kan ons onsself terug trek en beheer – in plaas daarvan dat hulle ons beheer.