Italiaanse blomkool

765

3 tot 4 porsies

BESTANDDELE

1 rooi- of wit ui, gehalveer en in repies gesny
½ rooi soetrissie, in repies gesny
4 ml gekneusde knoffel
sonneblom- of olyfolie
15 ml bruinsuiker
sout en peper
1 x 410 g-blik tamatiepuree
500 g blomkool, in stukkies gebreek
30 ml vars basiliekruid, grofgeskeur
50 g spekvleis, gekap

METODE

1. Braai die ui, soetrissie en knoffel in olie en voeg die suiker, sout, peper en tamatiepuree by.
2. Voeg die blomkool en basiliekruid by en laat prut 15 tot 20 minute tot sag, maar nie pap nie. Verdik die sous met mielieblom indien nodig.
3. Braai spekvleis, dreineer op papierhanddoek en strooi oor die blomkool en sous.

Variasie
Italiaanse blomkool met groenpeperkorrels: Roer 15 ml gedreineerde groenpeperkorrels by.