Jenna Clifford vier nuwe lewe!

143

Jenna Clifford is ’n Suid-Afrikaanse familie-onderneming wat sy ontstaan te danke het aan ’n begeerte om unieke en gehalte-erfstukke, geïnspireer deur vroulikheid, fauna en flora, en vol simboliek te skep.

Elke juweelstuk in die Jenna Clifford-reeks word deur ’n klassieke ontwerp gekenmerk en word deur geskoolde en toegewyde vakmanne van net die beste en kosbaarste materiale gemaak.

Behalwe die ready-to-wear-reeks is Jenna Clifford ook bekend vir persoonlike skeppings wat ’n unieke juweelstuk verseker.

Baie Jenna Clifford-juwele word ook geskep deur ’n spesiale proses wat as “bespoke remodelling” bekend staan. Hulle het hulle nalatenskap gebou op die fondamente van dié diens wat 25 jaar gelede gelê is. Die diens bied jou die geleentheid om die juweliersware wat jy nie gebruik nie of waarvan jy nie hou nie (goud, diamante en ander edelgesteentes) wat jy geërf het, of oor baie jare versamel het, in ’n pragstuk te laat omskep wat jou persoonlikheid weerspieël. Hermodellering gee jou die kans om skakels met die verlede te behou en terselfdertyd jou juweliersware te geniet.

As ’n familievaste handelsmerk verstaan Jenna Clifford ​​die belangrikheid van erfstukke. Hulle nooi jou op ’n ontdekkingsreis deur die tyd terwyl hulle jou familiegeskiedenis, jou drome en jou kosbaarste simbole saamsnoer in ’n kenmerkende stuk wat geslagte lank ’n erfstuk kan wees.

Vir meer inligting oor Jenna Clifford en hulle hermodelleringsdienste nooi hulle jou om ’n afspraak (sonder enige verpligting) te maak om jou bestaande juweliersware te bespreek en na die hermodelleringsproses te kyk om vas te stel hoe dit binne jou begroting aangepak kan word.

Jenna Clifford bied ook ’n *gratis skoonmaakdiens en waardasie van jou juwele, wat saamgebring moet word na die konsultasie.

*Kry 30%-afslag op alle hermodellerings gedurende die jaarlikse uitverkoping vanaf 1 – 30 Junie!

Skakel 011 523 6600 om ‘n afspraak te maak of e-pos customercare@jennaclifford.com.

www.jennaclifford.com