Jonger oë

0
30
jonger_oe.jpg

Jou oë maak jou uniek. Hier is ’n paar slim truuks en behandelings wat jou vars en jonk kan laat lyk.

Jou oë maak jou uniek. Hier is ’n paar slim truuks en behandelings wat jou vars en jonk kan laat lyk.

Raak ontslae van pofferige oë

DIE OORSAAK:
Blameer te veel alkohol of sout in jou dieet, ’n behoorlike huilsessie of te min slaap.

• Dis beter om jou oogprodukte in die oggend te gebruik. ’n Produk wat kafeïen bevat, is ’n goeie opsie. Moet dit nie te naby aan jou oë smeer nie.
• Teesakkies is uitstekend vir moeë oë. Die kafeïen sal pofferigheid verminder. Doop twee groenteesakkies in koue water en sit dit in die vrieskas. Haal na 20 minute uit en ontspan vir 10 minute daarmee op jou oë.
• Druk al langs jou oogholte. Begin aan die binnekant van jou oë naby jou neus en werk stelselmatig in die rigting van jou slape. Gebruik die ringvinger van albei hande, druk met ’n ferm (maar sagte) beweging. Tel tot drie en los. Skuif jou vingers omtrent 6 mm en herhaal. Hou aan om dit te doen totdat jy jou slape bereik.

Speel klaar met onooglike rooi oë

DIE OORSAAK:
Huil, dehidrasie, allergieë, min slaap, rook en besoedeling kan jou oë rooi, seer en selfs opgeswel maak.

• Verwyder altyd grimering voor bedtyd. En as jy saans getrou jou ooggrimering verwyder, maar steeds met pofferige oë wakker word? Dan is dit waarskynlik jou olierige verwyderaar wat in jou oë beland en irritasie veroorsaak. Gebruik ’n olievrye verwyderaar spesiaal vir ooggrimering sodat jou maskara maklik kan afkom.
• Gebruik ’n kalmerende, koel oogmasker wanneer jou oë vertroeteling nodig het. Maak jou eie: Maal ’n paar ysblokkies goed fyn en plaas dit in klein plastieksakkies. Draai die sakkies met ’n sagte stukkie materiaal toe en plaas op elke oog.
• Wit beklemtoner in die binnehoek van jou oog laat jou oë witter vertoon. Die nuutste verbloemers (concealers) is so gemaak dat dit natuurlike lig weerkaats en ’n illusie van vlekloosheid om jou oë skep.
• Moenie oogomlyner dra as jy reeds sukkel met rooi oë nie. Krul eerder jou wimpers.

Verbloem jou oë se fyn plooitjies

DIE OORSAAK:
As jou vel gedehidreer is, is daar niks wat beskerming bied teen die elemente nie. Dis dan dat jy daardie fyn plooitjies om jou oë begin opmerk.

• ’n Baie goeie oogroom is noodsaaklik om jou oogarea bevogtig te hou. Wend dit saggies met jou ringvinger om jou oog aan. Die hitte van jou vinger help om die produk in jou vel in te laat smelt.
• Sonskerm! Smeer daagliks baie versigtig ’n paar druppels sonskerm om jou oë aan. Wend teen middagete weer aan.
• Moenie te veel of te ryk sonskerm of oogprodukte om jou oë gebruik nie. Dit sal jou witkoppies gee en kan ook jou oë laat swel.
• Gaan gereeld vir ’n oogtoets. Diep plooie kan voorkom word deur die regte bril te dra sodat jy nie heeltyd jou oë op skrefies hoef te trek nie. Hierdie tipe plooie laat jou moeg en kwaad lyk.

 

DEEL
Vorige artikelVoel dit of jy uitrafel?
Volgende artikelWil jy regtig ‘n Christelike regering hê?
This is the "wpengine" admin user that our staff uses to gain access to your admin area to provide support and troubleshooting. It can only be accessed by a button in our secure log that auto generates a password and dumps that password after the staff member has logged in. We have taken extreme measures to ensure that our own user is not going to be misused to harm any of our clients sites.