Jou bra kan langer hou

0
138
bra.jpg

As een van die delikaatste kledingstukke, vereis bras spesiale versorging. Met hierdie 5 wenke sal jou bra langer hou.

Mooi bras is 'n luuksheid. Dit is nie die soort ding wat jy net elke paar maande kan gaan koop soos 'n bloes of 'n paar sokkies nie. So wanneer jy uiteindelik een koop – of dit nou een keer 'n jaar is, wil jy seker maak dat jy dit vir lank kan dra en dat dit wit bly (As dit die kleur daarvan is). Die groot vraag is, hoe doen jy dit?

1. Was dit met die hand

Ja, natuurlik weet jy dit, maar doen jy dit ooit? Vir meeste van ons is dit te veel moeite. Koop waspoeier en bêre dit in die badkamer. Wanneer jy vir jou badwater wag om in te tap, kan jy sommer jou onderklere vinnig was. Maak seker jy spoel dit mooi uit en le dit iewers neer sodat dit kan droog word.

2. Koop twee in plaas van net een

As jy weet dat jy dit gereeld gaan dra, koop twee. Dis nie noodwendig maklik wanneer jy vir jou ’n duur bra koop nie, maar hou dit in gedagte wanneer jy een sien wat goedkoop is (en dit geld nie net vir onderklere nie). As jy uiteindelik afskeid moet neem van jou gunsteling kledingstuk, sal dit nie so moeilik wees nie, omdat jy alreeds ʼn ekstra een het.

3. Pas jou bra op die regte manier op

Meeste van ons druk net als in een laai, sonder om eers die moeite te doen om dit op te vou – nie dat jy ʼn bra moet opvou nie, maar kry liewer ʼn spesiale plekkie waar daar genoeg spasie is sodat die draadjies nie buig nie.

4. Jou onderklere kan vir langer wit bly

Jy het jou bra nou eers vir ʼn week of twee en dit lyk glad nie meer wit nie. Hier is die oplossing: Was dit met koue water en ʼn bietjie asyn. Só sal jou klere vir langer wit bly.

5. Gee dit kans om te rus

Ons het almal daardie gunsteling bra – een wat ons sommer elke dag wil dra, maar dis tog nie ʼn goeie idee nie. Dit veroorsaak dat dit uitrek en gou vodde lyk. Maak seker jy dra elke dag ʼn ander een.