Jou gedagtes is uniek

234
van gewoon na uitsonderlik

Jou gedagtes is uniek aan jou. Jy is al een wat jou houding kan bepaal. Stel jou voor jy is in ’n personeelvergadering waartydens nuwe werksure bespreek word.

Of verbeel jou jy is tuis saam met jou gesin, en julle moet besluit of julle julle huis gaan verkoop of nie. Stel jou voor jy verlaat die vertrek. Kan enigiemand namens jou dink? Natuurlik nie! Jy is al een wat dit kan doen. Jou gedagtes bepaal wie jy is.

Jy kan altyd jou optrede in enige situasie kies. Beteken dit dat jy altyd vriendelik, gelukkig en positief moet wees? Glad nie! Maar jy moet wel onthou dat jy jou eie gedagtes kies.

Dit is ontsettend bemagtigend om te weet ek kan kies om my humeur te verloor of nie.

Eleanor Roosevelt het gesê: “Niemand kan jou laat minderwaardig voel sonder jou toestemming nie.” Dit beteken niemand het die mag om jou gedagtes en optrede te beheer nie.

Dit hang van jou af. Jy moet kies: Wil jy negatief en ongelukkig wees, of wil jy eerder positief en gelukkig wees? Dis nie ’n moeilike keuse nie, nè!

Gryp die geleentheid aan en laat die positiwiteit in jou lewe vlamvat!

Kobus Neethling

Kliek hier vir meer artikels deur Kobus.

Hoe om te wen in besigheid HOE OM TE WEN IN BESIGHEID is ’n versameling van gesprekke oor ywer, visie, selfdissipline, risiko’s, familie, energie en ’n unieke manier van dink deur Elsje van Jaarsveld met entrepreneurs en sakelui van die weeklikse program, Sakeprofiel op PretoriaFM.

R119 R149