Jou gemors is jou tuin se goud!

0
46
koerante.jpg

Kompos is van die uiterste belang in enige tuin, en jy kan dit sommer self maak.

Resep in die nat seisoen: Hou al jou organiese tuinrommel en koerante. Kry dik swartsakke en beesmis of Margaret Roberts se komposaktiveerder (beskikbaar by jou naaste Stodels-tuinsentrum).

Plaas ’n lagie tuinrommel en opgefrommelde koerantpapier in die swartsak. Sit 1 cm-laag beesmis of Margaret Roberts komposaktiveerder bo-op. Herhaal die lae tot die sak vol is. Knoop die sak toe en maak ’n paar gaatjies in die kante. Draai die sak onderstebo en plaas in ’n hoekie van jou tuin. Twee maande later het jy die perfekte organiese kompos!

In die droë seisoen moet jy die organiese tuinrommel en koerantpapier vir ’n paar dae in ’n kruiwa laat uitdroog voordat jy met die proses begin.