Jou grootste Fan

No man really knows God until he finds he can put
his own special meaning in the term he uses for Him.

Hierdie week het ek ‘n nuwe manier gekry om my God te beskryf: Imposter-syndrome-sufferer Lover.

“Impostor syndrome is a psychological pattern in which an individual doubts their accomplishments and has a persistent internalized fear of being exposed as a ‘fraud’…
…the persistent inability to believe that one’s success is deserved or has been legitimately achieved as a result of one’s own efforts or skills.”

Kyk, daar is drie maniere om die Here te vertrou in hierdie lewe:

1. Vertrou op die Here, maar doen niks
2. Vertrou op die Here, maar vertrou eintlik meer op ander
3. Vertrou op die Here, maar doen wat jy moet doen wanneer jy dit moet doen

En dis nou as jy die waarheid agter daardie laaste een besef het dat die vyand jou so ‘n laaste oliekol-glykans wil gee met gedagtes wat beslis nie van die Here af kom nie.

Want in die oë van die Here was ons nog altyd werd om gered te word.
Nog voordat ek een baba-kompetisie gewen het, was ek alreeds ‘n oorwinnaar in Sy oë.
En as ek terugkyk vanwaar ek gekom het, sien ek in my geestesoog hoedat Hy Sy kwas in 10 punte van Sy Seun se bloed druk en doelgerig al my foute en tekortkominge en belyde sondes met een welgeplaasde haal doodverf in die Boek van die Lewe.

Sien dit help nie ek vertrou die Here, maar doen niks nie. Dit was nog nooit ‘n Goddelike opdrag aan enige iemand nie: Nie aan Adam nie, nie aan Dawid nie en ook nie aan die nuwe Kerk nie.
En vertrou ek die Here met my woorde, maar my siel hardloop afkophoendertjie tussen mense rond by wie ek uitkoms soek, laat kraai ek daai haan alweer drie keer… soms sommer drie keer ‘n dag.

Wanneer ek op die Here vertrou, maar doen wat my hand vind om te doen wanneer ek dit moet doen en ek die resultate en moontlike uitkomste karplaks in Sy skoot neerplak en vanaand my kop in vrede neerlê, dan weet ek Hy glimlag oor my.

“So when the time is right, answer me and help me
with your wonderful love…”
Psalm 69 CEV

Vanaand is ek dankbaar vir hartsmense wat my soms uit my eie pad kry. Julle wat soms hard en duidelik moet praat verby die gebrabbelde nonsens wat so maklik sy lêplek in die are van my hart kry.

It is a source of great consolation to true believers when they can protest
that they have the warrant and call of God for whatever they undertake or engage in.

Moenie wonder nie: vra. Vra of dit waarmee jy besig is vir Hom aanneemlik is.

En wanneer jy bevestiging kry, druk toe die deur van selftwyfel en nooi jou grootste Fan in!

Vorige artikelHoe lyk jou Stiltetyd-plantjie?
Volgende artikel[OUDIO] 50/50?
Blogger - Maxie Heppell
Vir baie lank het my lewe nie regtig rigting gehad nie. 'n Gekompliseerde kindertyd, verkeerde keuses en dan die ongelukkige gevolge daarvan, het my gevange gehou. Tot daardie dag dat die Here Sy kind uit die modder opgetel en haar voete stewig op Vaste Rots laat land het. Psalm 40 bly tot vandag toe 'n groot favourite! Dit het my baie jare geneem om uit te kom by dit wat Hy nog altyd vir my lewe bedoel het. Maar nou is ek hier. En ek glo in God Drie-Enig, in die maagdelike geboorte, in Jesus aan 'n kruis, maar meer nog - aan die opgestane Jesus in my eie lewe. Ek glo dat Hy ons weer gaan kom haal en dat ek tot dan die Heilige Gees het wat my lei en my denke help vernuwe. In 2009 behaal ek my B.Th graad in teologie en sedertdien preek ek, praat ek en deel ek oral waar ek genooi word. Ek en my eerste liefde en ons langhaar-vierbeen meisiekinders bly tans op Jeffreysbaai in die Oos-Kaap en ons getuig gereeld: Die Here is nie net goed vir ons nie, Hy bederf vir ons!