Jou huwelik: kry hulp of kom uit?

0
97

Egskeiding? Moenie glo dat jy opgegee het nie, maar eerder dat jy gewaag het om jouself op te tel, en aan te gaan. Gerhard Steyn se ma, Linda, gee raad vir vroue na ’n egskeiding.

1. Elke huwelik het sy eiesoortige probleme. Ek is nie ’n huweliksberader nie, maar sodra jy besef dat jou verhouding verbrokkel het of jou eggenoot se gedrag nie meer opbouend vir jou kinders is nie, moet jy professionele hulp kry. Indien dit nie help nie, gaan jy dit moet oorweeg om te skei.

2. Om te skei is beslis vir niemand maklik nie. Dis ’n traumatiese ervaring vir ’n gesin en drome lê aan skerwe. Elke mens ervaar intense emosies na so ’n trauma. Die geheim is hoe jy daardie innerlike emosies verwerk tot jy genees is. Behou jou geloof in God, die goeie Vader wat vir die mossies en sy kinders sorg.

3. Staan op en gaan aan met die lewe. As gelowige mág jy dit doen, want die Here het ’n doel met jou lewe en alles wat gebeur werk mee sodat daardie doel bereik kan word. Jy is geskei, jy het gely, het gerou en het vergewe.

4. Lê die las nou neer. Jy kan nie met ’n klomp ou bagasie omkyk-omkyk en vorentoe gaan nie. Emosionele bagasie hou jou waar jy wil wees nie. Die belangrikste vir herstel is om jou rouklere uit te trek en jou normale lewe te hervat.

5. Jy het wel ’n verlies gelei, maar dit beteken nie dat jy jou persoonlikheid hoef te verander nie. Begin om vorentoe te beur en hoe verder jy vorentoe beur, hoe meer selfvertroue sal jy herwin en ’n nuwe lewe bou.
 

Het jy gesien wat is Gerhard Steyn se stokperdjie? Hy hou daarvan om met sy hande te werk, en is boonop nog kunstig ook! Kliek hier vir die foto’s.