Jou kind móét speel!

0
87
Lizanne du Plessis

Buitemuurse aktiwiteite is goed vir kinders se ontwikkeling. Jy kan dit egter met roomys vergelyk: Lekker op sy tyd, maar te veel maak jou siek.

Ouerskapkenner: Lizanne du Plessis

lyn_3.png

GRATIS E-BOEK

Hoe om ‘n superkind groot te maak
Leer hoe om jou kind beter te verstaan en kreatief gereed te kry vir die toekoms. Besef hoekom heelbreindenke nodig is om jou kinders “die beste” te gee. Dink van nou af nuut en anders oor ouerskap en besef: Hoe jy dink bepaal jóú lewe – én jou kind s’n!

KLIEK HIER om jou gratis Carpe Diem e-boek hier af.

lyn_3.png

Buitemuurse aktiwiteite is goed vir kinders se ontwikkeling. Jy kan dit egter met roomys vergelyk: Lekker op sy tyd, maar te veel maak jou siek.

Soms vergeet ons dat ons kinders speeltyd nodig het. Kinders wat te besig is, het ook dikwels te besige ouers, wat beteken dat daar min tyd is om as gesin iets saam te doen. Die verhouding tussen jou en jou kind en tussen boeties en sussies ly gewoonlik onder die besig wees. Gesinne kuier al minder saam en eet nog minder saam aan tafel as die dagprogram te vol raak.

Buitemuurse aktiwiteite teenoor net lekker speel

Speeltyd is die tyd wanneer kinders vrye teuels gegee word om te doen wat hulle wil, soos lees, bal skop, popspeel of fietsry. Hierdie tyd is baie belangrik vir hulle fisiese, emosionele en kognitiewe ontwikkeling. Dit is wanneer vaardighede soos beplanning, probleemoplossing, besluitneming, kommunikasie en beheer van emosies, denke en aksies verfyn en ingeskerp word.

Dit mag dalk lyk of jou kind “net speel”, maar dit is hier waar sy brein die kans kry om inligting te verwerk. Dit is waarom kinders byvoorbeeld gedurende vakansies skielik “grootword”. Eensklaps raak hulle sekere vaardighede baas wat hulle voor die vakansie nie kon doen nie. Hulle skryf beter, of hulle skop die bal meer akkuraat.

Die goue reël is om die balans te vind tussen buitemuurse aktiwiteite (gestruktureerde aktiwiteite waartydens die kind ’n vaardigheid aanleer) en ongestruktureerde tyd vir speel en ontspanning.

[VIDEO] Ontmoet Finesse se nuwe ouerskapkenner, Lizanne Du Plessis wat saam met elke ma ʼn pad van doelgerigte ouerskap gaan stap.

Wanneer jou kind geesdriftig is, het jy reg gekies

As jou kind uitsien daarna om na ’n aktiwiteit te gaan, en dit geniet, weet jy dit was ’n goeie keuse. Maar wanneer jou kind haar voete sleep, kla as julle moet ry of sonder energie en entoesiasme deelneem, kan jy begin wonder of dit dalk ’n fout was.

Vir kleuters is aktiwiteite wat hulle saam met Mamma kan doen fantasties. Bewegingsklassies of swemlesse is goeie keuses, want dit fokus op die ontwikkeling van groot motoriese spiere, wat belangrik is op hierdie ouderdom.

Ouer kinders se fisiese, emosionele en kognitiewe ontwikkeling stel hulle in staat om aktiwiteite te doen wat meer komplekse koördinasie, konsentrasie en kompetisie vereis, soos tennis, atletiek, rugby, netbal en dansaktiwiteite.

Dit is hoe die lewe werk – ons geniet die dinge en is gemotiveerd om die dinge te doen waarin ons goed is. Hou egter in gedagte dat kinders in sommige gevalle kan baat vind by sekere buitemuurse aktiwiteite wat hulle nie noodwendig geniet nie, soos swemlesse.

Meer tyd in die motor as tuis beteken te besig

Wees doelgerig en dink mooi oor die buitemuurse aktiwiteite waaraan jou kind gaan deelneem. Ouer kinders kan saam gesels oor wat hulle geniet om te doen. Kies die top twee of drie aktiwiteite. Maak seker daar is oop middae ook.

Dit gaan nie net oor die aantal aktiwiteite waaraan die kinders deelneem nie, maar ook oor die boodskap wat jy as ouer oordra. Maak seker jou boodskap leer hulle oor “deelname” en “pret” ook, en nie net “prestasie” nie.

Wanneer jou kind te besig is, is wanneer sy nie tyd het vir speel, ontspan en niks doen nie. Elke uur is volgeprop met aktiwiteite of roetinetake. As dit vir kinders begin moeilik raak om hulleself besig te hou of kreatief te dink, is hulle te besig. Hulle moet fantasie en verbeelding in hulle spel kan gebruik, veral jonger kinders.

Kinders wie se skoolwerk daaronder begin ly omdat hulle nie tyd kry om hulle huiswerk te doen nie en dit oor naweke, laat saans of vroeg soggens moet inhaal, handhaaf nie ʼn gesonde balans nie. Jy weet jou kind is te besig as julle meer tyd in die motor as by die huis deurbring. Maak seker daar is genoeg tyd sodat jou kinders dit wat hulle die beste kan doen, ten volle kan uitleef: speel!

lyn_3.png

KOOP AANLYN

5 minute met Jesus – Dagstukkies vir kinders
Twaalf bekendes in die jeugbediening het saamgeskryf aan hierdie Bybeldagboek vir kinders. Hierdie mense ken die harte van kinders en weet presies met watter issues die jeug daagliks te doen kry. Die skrywers gee raad sonder om prekerig te klink en lewer ook persoonlike getuienisse, wat die dagboek lekker lewendig maak

Kliek HIER om die aanlyn te koop op www.voelgoedwinkel.co.za

lyn_3.png