Jou professionele grimeer-beeld

0
44
grimering.jpg

As jy voor ’n groot uitdaging te staan kom, moet jy gereed wees met die gepaste grimeer-voorkoms.

Jou grimering moet gepas wees vir jou professionele posisie

Danielle Kritzinger is ’n student wat baie gewig verloor het en toe by Glam Guru kom aanklop het. Sy verruil nie net die studentelewe vir die grootmenswêreld nie, maar gaan volgende jaar in Korea onderwys gee. As jong onderwyseres is haar groot uitdaging dat mense haar ernstig moet opneem. Die regte grimering kan haar help om meer respek af te dwing.

Danielle se vel het ’n koel ondertoon, en oogskadukleure soos groen, blou en pienk pas haar. Te ligte kleure kan jou vaal laat lyk; daarom het ek ’n dieper skakering groen gekies. In kombinasie met pienk oogskadu sal Danielle jeugdig en vroulik lyk.

Vir ’n kleuragtergrond, wend eers die ligte skakering oor jou boonste ooglid aan, van bo jou wimpers tot onder jou wenkbrou. Vir diepte – en om pofferigheid te kamoefleer – gebruik ’n donker skakering in die vou van jou oog. Rond jou oë af met smeerbestande HANNON Super Lash Mascara.

Gebruik verbronsingspoeier om jou wangbene te beklemtoon

’n Blosende gelaat laat jou energiek en vol inisiatief lyk. Daarom is die baie natuurlike Sun-Kissed Blusher ’n moet vir elke vrou. As jy die twee kleure vooraf met ’n blosserkwas meng, sal die kleurkombinasie uniek ontwikkel op jou vel.

Omdat ’n hartvormige gesig soos Danielle s’n gekenmerk word deur voller wange, wend ek die blosser in ’n vorm van die syfer 3 aan die kante van haar gesig aan. Jou kwas se punt raak dus aan jou slape, jou wange en jou kakebeenlyn om hierdie syfer 3 te vorm. Dit is my geheime truuk om ’n vrou se wangbene te beklemtoon en haar gesig skraler te laat lyk.

’n Sterk mond is laastens jou troefkaart vir hierdie gesofistikeerde voorkoms. Eerstens het ek Danielle se mond met natuurlike bruin lipomlyner as basislaag ingekleur. Daarna wend ek neutrale bruin lipstiffie bo-oor, wat by enige geleentheid pas.

Los jou probleem met pap, plat hare op

voor.jpgDanielle se hare is fyn en pap, en dan het sy nog min hare ook. Haar grootste begeerte is om dik hare met baie volume te hê.

’n Kakebeenlengte-polkastyl wat in lae gesny is, sal haar onmiddellik meer gesofistikeerd laat lyk, maar ook genoeg hoogte bo-op haar kop gee vir die volume wat sy so nodig het.

As jy fyn en reguit hare het, moet jy verder voorbereid wees met die regte stileerprodukte, anders is ’n platgelekte voorkoms jou voorland. More Hair Volumising Shampoo sorg dat jou hare opstaan en wegstaan van jou kopvel om hierdie volume te skep. Spuit daarna tien spuite haarverdikkersproei aan jou nat hare. Dit sal elke haar tot drie keer sy normale dikte laat uitswel sodra jy dit droogblaas.

Om sulke fyn hare maksimum volume te gee, moet jy eers jou hare met nét jou vingers en ’n haardroër droogmaak. Moenie dadelik ’n borsel of rollers gebruik nie, anders sal jou hare net weer platval.

Lees meer: Die regte kuif is beter as Botox!

HANNON-produkte is beskikbaar by voelgoedwinkel.co.za en by professionele haar- en skoonheidsalonne. Vir die salon naaste aan jou besoek hannon.co.za.

Skakel Sondagaande om 18:00 op kykNET in vir Hannon se mooimaak reeks “Glam Guru”.