Jou voete vertel van jou gesondheid

0
1926
voete.jpg

Langdurige pyn of swelling van jou voete kan die gevaarligte wees vir ’n ander gesondheidsprobleem.

Seer voete na ’n lang dag

Wanneer jy na ’n lang dag nie kan wag om jou skoene uit te skop nie, kan jy die pyn aan jou stiletto’s toeskryf. Hoëhakskoene beperk die natuurlike vorm van jou voet deur onder meer jou tone in ’n onnatuurlike posisie te druk. Die beste is om lae hakke met ’n wye onderkant te kies om jou gewig eweredig te versprei. Gevaarlig: As jy nie kan bepaal waar die pyn in jou voete lê nie, kan jy moontlik aan osteoporose ly. Drink ’n aanvulling wat kalsium en magnesium bevat om jou bene te versterk.

Die swelling wil nie sak nie

Ure van ver reis het dikwels geswelde voete tot gevolg, veral as jy swanger is. Wanneer jou beenspiere vir ’n lang ruk onaktief is, is die bloed geneig om in die are van jou bene op te hoop. Soms beland dit in die weefsel onder die vel laer af in jou bene. Dit veroorsaak swelling en kan tot ’n paar dae neem om te sak. Gevaarlig: Swelling wat met moegheid of kortasemheid gepaardgaan, kan ’n teken van bloedarmoede wees. Chronies geswelde voete kan ook op ’n onderaktiewe skildklier dui. Besoek ’n dokter as die swelling nie wil sak nie.

Dit brand nadat jou skoene uit is

As jou werk vereis dat jy ure lank op jou voete moet wees, kan jou voete brand sodra jy jou skoene uittrek. Die oorsaak kan pure moegheid wees. Brandende voete is ook algemeen onder diabete met perifere senuweeskade. Gevaarlig: Chroniese brandende voete is nié normaal nie, sê voetheelkundige dr. Benjamin Weaver. Dit kan ’n teken van skade aan die senuwees in jou rug wees. Maak dadelik ’n afspraak met jou dokter om die oorsaak vas te stel en langtermynskade te voorkom.

Jou tone bly heeltyd koud

Swak bloedsirkulasie kan blameer word vir tone wat altyd koud is. Gesonde bloedsirkulasie is belangrik vir jou liggaam se selle om voedingstowwe en energie op te neem. Sodra die bloedvloei egter in sekere dele van jou liggaam beperk word, kan jy probleme soos koue tone begin kry. Gevaarlig: Koue tone kan ’n gevaarlig vir diabetes wees. Maak seker jy besoek ’n dokter as jy gereeld hierdie sensasie in jou tone ervaar.

As jy sukkel met sweterige voete, gebruik Green Cross® se voetpoeier wat jou voete droog en gemaklik hou. Vir dié wat nie van poeiers hou nie, is daar ook ʼn anti-perspirant opsie beskikbaar. Hul verfrissende pepperment-gel is die beste opsie om aan moeë en seer voete te smeer ná ʼn lang dag.

Volgens Britt Märki, handelsmerkbestuurder van Green Cross®, fokus dié produkte daarop om jou voete gemaklik te hou deur die dag.

www.webmd.com, www.footvitals.com, www.jonbarron.org