jou vyand en jou baas

0
38
vyand.jpg

Kos is iets wat elke mens nodig het om te oorleef. Ongelukkig. Of so voel jy dalk soms. Hoekom hierdie verhouding van liefde en haat?

Wanneer jy met jou gewig sukkel of voel jy sukkel (as jy ’n normale gewig het), word kos jou vyand. Die probleem is dat ons almal moet eet, as jy nie eet nie gaan jy dood. Kos is ons petrol en ons het dit deurlopend nodig, maar dit is ook waar ons probleem lê want omdat jy dit nie kan vermy nie, moet jy dit beheer. Sodra jy hiermee sukkel – en meeste van ons voel dis die geval – begin jy vir jouself reëls maak. Die reëls sluit in wat jy mag en nie mag eet nie en daar begin jou geveg met kos.

Dit wat jy die graagste wil eet, sit jy op jou ‘mag nie’-lys. Hoe meer jy daarteen veg en probeer om binne jou reëls te bly, hoe moeiliker is dit. Een koekie word die hele pak en ’n handvol skyfies word sommer alles. Kos word jou probleem en jy ontwikkel ’n liefde-haat verhouding daarmee. Ons sal nog kyk hoe jy dit kan verander, maar as stap een moet jy besef en erken dat kos jou vyand, maar ook jou baas is.