Jou woorde

0
420
Capitec

Die afgelope week het ons gesien watter skade Viceroy se verslag gedoen het aan die reputasie en gevolglik ook die aandeleprys van Capitec Bank.

Ek gaan geen uitspraak maak oor die meriete van Viceroy se verslag nie, en hoeveel daarvan waar of nie waar is nie. Die realiteit is net dat dit wat Viceroy geskryf het, ‘n negatiewe impak op Capitec gehad het.

En dit is presies wat ons woorde kan doen. Woorde kan skade berokken. Woorde kan seermaak. Ook onwaar woorde kan groot skade aanrig. Daarom behoort ‘n mens jou woorde elke keer sorgvuldig te weeg en te oorweeg.

Spreuke 12:18 sê: “Praat sonder om te dink kan soos dolksteke wees; wyse mense bring genesing met wat hulle sê.”

Ons het twee keuses: Ons kan met ons woorde genees, of ons kan met ons woorde dolksteke gee. Wat kies jy vandag?