Jy aard na jou Pa

Het jy al ooit gehoor jy lyk soos jou pa?  Of dalk jou ma?

Mens kan gewoonlik die ooreenkoms sien van familie lede.  Maar daar is ‘n verskil tussen soos iemand lyk en na iemand aard.  Jy kan lyk soos jou ma, maar aard na jou pa en anders om.  Om na iemand te aard beteken jy besit van dieselfde eienskappe en karakter trekke wat jou identiteit bevestig.  Jy kan sien in iemand se manier van dinge doen na wie hulle aard.  Ek kan praat soos my ma, maar as ek dinge doen soos my pa dan aard ek na om, want my manier van dinge doen herinner jou aan my pa.  Ons sê gewoonlik: “Ek kan sien jy is jou pa se kind”

Die Bybel leer ons dat ons na God se beeld geskape is en dat ons na Hom aard wanneer ons wedergebore is (2 Petrus 1:3-4)  Deurdat ons naby Hom lewe kry ons deel van Sy natuur.  Wanneer ons wedergebore is, identifiseer ons nie meer met ‘n sondige natuur nie, want ons neem nou God se natuur aan, Sy manier van dinge doen.  Voor ons onsself bekeer het, het ons aan die vader van die leuen behoort (Satan) en daarom het ons die natuur weerspieël van alles wat sleg is (1 Joh 3:10).

Nou behoort ons aan God en ons leefwyse bevestig dat ons na Hom aard en aan Hom behoort.  Moenie dat die vyand jou kom wys maak dat jy nooit kan verander nie, dat jy nooit die verslawing kan breek nie, dat jy nooit gesond sal word nie omdat dit in jou familie geskiedenis is nie.

Moet ook nie laat hy jou vertel jy sal kanker kry omdat jou ma, broer, tannie dit gehad het nie!  Jy identifiseer nie meer met daai geskiedenis nie, want jy is NUUT gemaak in Jesus. Jou bloedlyn is koninklik en jou aardse verlede kan nie meer jou toekoms in Christus bepaal nie!  Jy IS jou hemelse Pa se kind!

Vorige artikelSwakker geslag? Watwou!
Volgende artikelGod ontmoet ons waar ons is – waar jy is: wees lig!
Blogger - Lizelle de Kock
Lizelle de Kock is ‘n vrou vir Mark de Kock en ma van 3 dogters, Kaylin (11), Jessica (9) en Madison (4). Sy is meer bekend as die stigter van die partytjie maatskappy, Organizit Party Styling wat op verskeie programme soos Pasella, Die Groot Ontbyt op Kyknet en VIA TV verskyn het. Haar werk is ook in talle nasionale tydskrifte soos Living & Loving, Baba & Kleuter, Vrouekeur, Huisgenoot & Idees-tydskrif te sien. Met 'n suksesvolle boek (PARTY TIME) wat in 2015 vrygestel is, het sy haar merk as 'n betroubare partytjie stilis in Suid-Afrika gemaak. Haar diep passie lê egter daarin om ‘n verskil in vrouens se lewens te maak deur hulle te help om hulle doel te ontdek en dit met vryheid uit te leef. Dis ook om hierdie rede dat sy ingeskryf het vir Mev SA 2017 en gekies is as een van die land se Top 100 semi-finaliste. Deur haar agtergrond in kreatiewe partytjies en geleenthede te gebruik, bring sy 'n nuwe openbaring aan elke vrou se doel deur middel van 'n kreatiewe werkswinkel wat sy landwyd aanbied.