Jy kan jouself langer maak

0
142

Die Japanse ruimtevaarder Norisjige Kanai het verlede maand na die internasionale Ruimtestasie vertrek om vir ‘n tydperk van ses maande daar te bly. Vroeër die week het hy getwiet dat hy daar 9 cm langer geword het binne drie weke. Later het hy getwiet dat dit ‘n fout was. Sy bevelvoerder het hom gemeet en bevind dat hy slegs 2 cm langer geword het in die drie weke wat hy al daar is. Ruimtevaarders word inderdaad langer wanneer hulle op ruimtesendings is aangesien ‘n mens se ruggraat verleng wanneer daar geen swaartekrag is nie.

Jesus het op ‘n keer gesê: “Wie tog onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg?” (Matteus 6:27). ‘n “El” is ongeveer so ‘n halwe meter. Ja, ons kan seker tegnies raak en sê dat ons wel so ‘n paar sentimeter by ons lengte kan byvoeg deur bloot ‘n ruimtevaart te onderneem (maar dit is nog ver van ‘n halwe meter af!), maar Jesus het natuurlik net beeldspraak gebruik. Hy toon vir ons hiermee aan dat ons niks kan vermag deur ons so te bekommer nie, so waarom bekommer ons ons so?

Dit is goed om vroeg-vroeg in hierdie jaar weer aan hierdie waarheid herinner te word.

DEEL
Vorige artikelHindernisse laat jou groei
Volgende artikelJou pen, jou swaard…
Hennie Stander
Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog.