jy laat die koppe draai

0
11

God het jou pragtig geskep. Miskien sukkel jy om dit te sien of te glo, maar jy is uniek en mooi! Niemand is of lyk soos jy nie, en dit is hierdie eienskap wat die koppe laat draai. Wat jy miskien as een van jou minder goeie uiterlike eienskappe beskou, kan die eienskap wees wat jou ’n besondere en unieke skoonheid maak.